duskant sutherland


die gesig van swaarkry…
September 14, 2007, 1:25 nm
Filed under: Gedagtes

p7050088.jpg

Leprosepasiënt in Kasane, Botswana 2006

Ek het nog nooit weer soveel swaarkry en hartseer op enige mens se gesig gesien soos op hierdie vrou s’n nie. Sy het is deur haar gemeenskap verstoot en het letterlik geen besittings gehad nie. Heel moontlik leef sy nie meer nie want sy was reeds baie ernstig siek toe ek hierdie foto geneem het.

Ek laat sak my kop in skaamte…



Anglo-Boereoorlog 2007
September 14, 2007, 12:55 nm
Filed under: Goeters

Sterkte aan die Bokke, ek hoop die oorwinning is soet!



sterrewag duskant sutherland
September 14, 2007, 12:51 nm
Filed under: Goeters

sterrewag1.jpg



sommer net
September 14, 2007, 12:02 nm
Filed under: Gedigte

ek ry verby die afdraai na Map
en besef dis laaste keer se stap
dis laaste keer se onthou
van onder die Wilg sit en verlang
en vir jou uitkyk tot jy kom

ek ry verby die Giyani naam
en ek besef dit is laaste keer so saam
laaste keer se terugdink
en deur doringbosse stap
tot by waterpoele waar vriendskap nog groei

ek ry verby Elim se mense
en ek besef dis laaste keer

laaste keer en laaste dag
mense vermaak en vrouens laat lag
en potte en lappe en lekker

my hart verdwaal skielik in tye
waar jy nog kon lewe
jou boek word vir ‘n oomblik my kompas
na ‘n tyd, ver ver van hier

en die lewe word die N1
oppad na nou…