duskant sutherland


As die donker my kom haal…
Augustus 21, 2009, 11:16 vm
Filed under: Gedigte

Hierdie song van “Die Heuwels Fantasties” is deesdae my song. En ek het so spesmaas dit gaan so bly…

Klein Tambotieboom

As die donker my kom haal
en die here my nie soek nie
as die osoonlaag vergaan
en in ‘n kandelaar van sterre val
begrawe my hart op Klein Tambotieboom
en strooi my as oor die Bosveld-horison
jy het nie ‘n graad nie
en jy het nie ‘n kredietkaart nodig nie
om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar
en die verte in van ‘n krans af te staar
die gelukkigste wat ek ooit was
op die naat van my rug in die natuurreservaat
die wind sing my naam
en deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag
geïsoleer in donderweer
ver van die wolkekrabbers
net die atmosfeer wat aan ons kleef
en ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
jy weet ek het nie
ek het nie ‘n agenda nie

Die Heuwels Fantasties (Die Heuwels Fantasties)

nkkitaar

landscape38



Ses maande se kiekies
Augustus 17, 2009, 2:34 nm
Filed under: Kiekies

d001

d002

d003

d004

d006

d007

d008

d009

d010

d012

d013

d014

d005

landscape38



a) Die Calvinisme wat ek nie leer verstaan het nie: Genade
Augustus 16, 2009, 9:04 nm
Filed under: Gedagtes

Om deesdae (positief of negatief) oor Calvinisme te praat is soos om ‘n stinkwind in ‘n hysbak te los…almal doen dit suutjies en vingerwysend. En tog – hierdie preokkupasie spreek van ‘n worsteling, eintlik ‘n kaalvuis baklei teen ‘n ding binne ons…’n deel psige wat ons dalk nie meer wil verstaan nie.

Dit dan ter sake bevind ek my anderdag in die volgende gespreksituasie:

Ek: “Ja…om ‘n gesonde baba te hê is ‘n groot genade, né…”

Persoon: “So jy impliseer dat God se genade nie rus op ‘n ma wat ‘n miskraam gehad het nie?”

Eina.

Net daar besef ek watter verdraaide verstaan ek van genade het. Skuus…watter verdraaide beeld ek van God het. Want vanuit die Calvinisme is ons mos nie veel meer as swak sondaards wat leef van die een sanitiserende genademoment na die volgende nie. En min weet ons dat daar ‘n gebroke wêreld vol foute, seer en verstaan daar buite huiwer. ‘n Wêreld waar die Geneesheer éintlik Sy voete vuilmaak om verby teologie en ideologie te gaan gesondmaak.

Deur genade? Nee, deur léwe… landscape38



En dis nou ses maande later*
Augustus 12, 2009, 4:36 nm
Filed under: Gedagtes

Ek’s terug.

Na ‘n bloghiatus van amper 6 maande het ek vanmiddag dwaal-dwaal weer hier duskant sutherland kom rondspeel. Die werf het ek gemis…ek ruik die woorde in die stof…ek sien al die ou bekende gesigte in die portretrame in die huis.

Ek’s terug ja. Nou moet ek sommer uit die staanspoor verduidelik dat my afwesigheid nie aan enige spesifieke rede toegeskryf kan word nie. Baie werk? Ja. Navorsing? Ook. Maar soms gebeur dit dat mens ‘n boek sommer een aand toemaak en in jou agterstuiwer weet jy gaan nie gou weer daaruit lees nie…dis eers klaar. So was dit ook met duskant sutherland. Sonder seremonie en fanfare het ek eendag besluit om nie my weeklikse bloginskrywings te skryf nie. Toe weer. En die hibernasie het langer aangehou as wat ek vermoed het.

Jis, ses maande is kripties lank…dit beslaan genoeg dae dat mens weer heel anders lewe en dink. Verloofdes troue, ander skei. Vriende gaan dood en broerskinders word gebore. Kontinente reis nader aan jou en nuwe musiek vind rusplek in jou siel. Ses maande. ‘n Lewensprecis.

Ai, dis lekker om terug te wees!

nk3

*Met erkenning aan Johan Swarts

landscape38