duskant sutherland


Mpho en Mphonyana
Oktober 31, 2007, 9:33 vm
Filed under: Gedagtes

Onthou jy nog vir Mpho en Mphonyana? Die Siamese tweeling wat in 1986 gebore is en later in ‘n marathon operasie geskei is. Die twee sussies se reis in en uit hospitale, trustfondse en spesiale skole het die verbeelding aangegryp, ek onthou nog hoe is daar by ons laerskool geld ingesamel vir die operasie. Die sussies het selfs die “Suid-Afrikaanse Panorama” – die oorwegend Afrikaner maandblad gehaal met fotos waar wyle Presidentsvrou Elize Botha hulle vashou en troos. 
En die hele land was geskok en hartseer toe Mphonyana, wat na die skeidingsoperasie nooit werklik herstel het nie, in 1990 gesterf het. So is daar destyds oor haar dood berig:

Mphonyana ‘gaan nou rus’

Beeld 14 Junie 1990 
KLERKSDORP. – ”My hart is seer oor Mphonyana, maar dit is beter. Sy
gaan nou rus . . .”
Met dié woorde het ‘n bedroefde mej. Sophie Mathibela, ma van
Klerksdorp se beroemde Siamese tweeling, haar gister berus in die
dood van Mphonyana, wat sowat twee jaar gelede van haar sussie, Mpho,
geskei is.
Mphonyana (3) is gisteroggend omstreeks kort voor sewe in die
Tshepong-Hospitaal op die dorp dood waar sy en Mpho sowat drie jaar
gelede as ‘n Siamese tweeling gebore is. Sy het longontsteking gehad.
Dié Siamese tweeling is in Mei 1988 in ‘n opsienbarende operasie
in die Baragwanath-Hospitaal in Soweto geskei. Dit is gedoen deur ‘n
span dokters onder leiding van prof. Robert Lipschitz.
Ná die operasie het Mpho tot ‘n normale driejarige meisietjie
ontwikkel. Mphonyana se ontwikkeling het op drie maande vasgesteek.
Sy was doof, stom en blind. Sy was ná hul ontslag heeltyds in die
Tshepong-Hospitaal terwyl die woelige Mpho by ma Sophie in haar huis
gewoon het.
Volgens dr. Louw du Toit, superintendent van die Klerksdorpse
Hospitaal, het Mphonyana se toestand gaandeweg verswak. ”In die
laaste paar maande het haar fisieke toestand verswak ondanks terapie
en volgehoue behandeling.
”Sedert Maandag was sy koorsig en het sy longontsteking
opgedoen,” het dr. Du Toit gesê.
Volgens mej. Mathibela was Mpho eergisteraand, voor Mphonyana se
dood, huilerig en siek. ”Sy wou ook nie eet nie. Ek dink sy het
geweet Mphonyana is nie gesond nie. Sy het só gehuil, maar sy is nou
beter. Sy weet Mphonyana sal nooit weer terugkom nie . . .”

Gister is Mpho, wat verstandelik gestremd is, vir haar 21e verjaardag bederf met ‘n besoek aan Madiba.

20071030203512mphomadiba.jpg

Ek kan nie help om so ‘n hartseer gevoel in my hart te kry as ek aan hierdie twee mense dink nie. Die gestermde Mpho en haar afgestorwe sussie Mphonyana was in eie reg van die eerste ware nasiebouers. Baanbrekers wat ‘n stukkende land byeengebring het deur tot die grein van elkeen se basiese menslikheid te spreek.
Veels geluk julle, well done.

Advertisements


Vingeroefening* #1
Oktober 30, 2007, 6:23 nm
Filed under: Kiekies

Bietjie rondgespeel met my kamera se sluiterspoed. Na ek idiwidi se comment gekry het het ek gedink ek gaat vir julle vra wat julle sien…dalk het ons inderdaad ‘n Rorscharch geval hier beet . 🙂

img_0210.jpg

* Met erkenning aan Johan Swarts



(gedagte)
Oktober 29, 2007, 6:26 nm
Filed under: Gedigte

stilte
en ‘n diep see
koraalrif en -sout-
degenereer, gedagtig aan jou

die hemel en sterre
inkswart poele
ver in die melkweg
‘n skim van jare se onthou

kop en skouers
vooroor van seer
wens en wonder
en rasioneel redineer

(jou afdraaipad
te ver om na terug te keer)
 



Grap
Oktober 29, 2007, 7:59 vm
Filed under: Grappe

Onder meeste van my vriende staan ek bekend as een van die mense wat die “bad-ste jokes” kan vertel. Ek weet glad nie hoekom hulle so sê nie of wat hulle met “bad” bedoel nie (en ek weet ook nooit hoekom hulle reaksie op my grappies gewoonlik wissel van “Dude, stop voor jy jouself seermaak”, “No good” tot “Nice one, grapgat” nie…). Anyway, ek hoor hierdie goeie grappie die ander dag:

Twee vlieë gaan eet uit. Die een bestel vir hom ‘n groot bord, um, poef, met baie knoffel op. Die ander een sê vir die kelner “geen knoffel op my poef nie asseblief, dit laat my asem stink…”.

🙂



En die klein plesiertjies in die lewe(r)…
Oktober 27, 2007, 9:33 vm
Filed under: Goeters

bokparade.jpg

Die Springbokspan in die strate van Pretoria.



Die klein irritasietjies in die lewe(r)…
Oktober 27, 2007, 8:20 vm
Filed under: Geite

 mofo.jpg

Asof daardie blêddie Vodacom meerkat, Mo (baie geskikte naam, sy volle naam is
MO-FO… 🙂 ) die wêreld nognie genoeg geirriteer nie hoor ek die volgende Vodacom advertensie vanoggend op die Stem van die Volk:

Min of meer so iets:

Persoon 1 (met swaar Engelse aksent): Hi, Dillan, wat maak jy?
Persoon 2 (met swaar Afrikaanse aksent): Dag, Roderick, ek kyk na TV op my selfoon!
Persoon 1: Maar ‘n tyd gelede het jy nog so ‘n baksteen foon gebruik? En nou?
Persoon 2: My maat, ek het vir jou 3 woorde…OP    GRA    DEER…!

Hulle het ‘n punt beet, jy weet, die anderdag toe ek OP gooi nadat ek weer DEER die Meerkatadvertensie moes sit toe GRA, um… GRA…GRAAAAA…..????

Hel nee, hulle het nie ‘n punt beet nie.
Vodacom, ek het vir julle EEN (vier-lettergrepige) woord:

TAALVERSORGING



“My hart velang na die…”
Oktober 26, 2007, 4:34 nm
Filed under: Gedagtes

“…Karoo.”

plaas_0011.jpg