duskant sutherland


Alleenspraak
Februarie 24, 2009, 9:00 nm
Filed under: Gedigte

ek ry verby elim se mense
en ‘n pad soek koers deur my hart
waarlangs ek soms stil kom wag het
– op die jy wat vandag in klippe en mure en koppe
grond en ‘n oukremetartboom
dansend lewendig word –

my hart verdwaal skielik in tye
waar jy nog kon lewe
en jou dagboek word vir ‘n oomblik my kompas
na ‘n tyd, ver ver van hier
maar dis te vaag
en die suggestie van lewe is skielik weer
‘n ster reg bo die soutpansberg

jy is weer weg
‘n laaste lig
in ‘n koue vuur

——–

(Ek verlang na jou)

landscape38

Advertisements

6 Kommentaar so far
Lewer kommentaar

net so pragtig!

Kommentaar deur rosalindfranklin

Sjoe! Pragtige woordkuns.

Kommentaar deur boerinballingskap

Baie mooi…

Kommentaar deur kaalvoetinireen

is mooi.

is dit wie ek dink dit is?

Kommentaar deur Johan Swarts

Nice. Ek weet presies waarvan jy praat (geografies), daai deel van die wêreld, daai pad…dit doen iets aan ‘n mens.

Kommentaar deur henno

Baie mooi man, ek hou veral van die ster bo die Soutpansberg (wat ek terloops nog nie gesien het nie) – laat my weer aan Louis Trichardt dink.

Kommentaar deur mykopop




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: