duskant sutherland


duskant sutherland
Desember 28, 2007, 9:21 vm
Filed under: Kiekies

img_1822.jpg



Drie-en-‘n-half-uur…
Desember 16, 2007, 10:04 nm
Filed under: Gedagtes

…dan ry ek Karoo toe. Huistoe. Stilte toe. Sterre toe.

Karoo-toe gaan is vir my ‘n diep ervaring, soos ‘n Pelgrimsreis. Soos Wellinton vir Breyten…ek voel vanaand ook so.

ek sal sterf en na my vader gaan
Wellington toe met lang bene
blink in die lig
waar die kamers swaar en donker is
waar sterre soos seemeeue sit op die nok
en engele vir wurms spit in die tuin,
ek sal sterf en met min bagasie
in die pad val
die Wellingtonse berge oor
tussen die bome en die skemer deur
en na my vader gaan;

die son sal in die aarde klop
die wind se branders laat die voeë kraak
ons hoor die huurders
skuurloop bo ons kop,
ons sal dambord speel op die agterstoep
– ouvader kul –
en oor die radio
luister na die nag se nuus

vriende, medesterwendes,
moenie huiwer nie; nou hang die lewe
nog soos vlees om ons lywe
maar die dood beskaam nie;
ons kom en ons gaan
is soos die water uit die kraan so
soos klanke uit die mond
soos ons kom en ons gaan:
ons béne sal die vryheid kén –
kom saam
in my sterf in in my na my vader gaan
Wellington toe waar die engele
met wurms vet sterre uit die hemel hengel;
laat ons sterf en vergaan en vrolik wees:
mý vader het ‘n groot bôrdinghuis

So vriende en medesterwendes, as alles goed gaan sal die volgende stukkie kleur op hierdie ruimte ‘n alleen windpomp wees. Iewers in die veld tussen bossieveld en die klippers…duskant sutherland.



Laertrek en Imbizo. Weer ‘n 16 Desember..
Desember 16, 2007, 9:45 nm
Filed under: Goeters

Geloftedag. Dingaansdag. Versoeningsdag. Imbizo-dag.

img_1216_small.jpg

Weer ‘n keer het die son om 12:00 vandag deur die koepel van die Voortrekkermonument gestraal om die Senotaaf in die Heldesaal te verlig (goed, nie heeltemal nie want dit was bewolk…). En is dit nie ironies hoe die blinde-sambok van die geskiedenis die vermoe het om ons tog maar elke nou en dan te kom herinner hoe wreed Afrika sissies behandel nie…
Terwyl Afrikaners, Afrikaanses en belangstellendes Sarel Cilliers en die Boere se Gelofte d.m.v ‘n gewyde seremonie herdenk by die tempel le die Groot Manne van die ANC aan met al die skietgoed wat hulle het in ‘n magstryd wat na ‘n propperse Bloedrivier 2007 lyk. En sommer alreeds is daar geen prisoniere geneem nie…volgens die media het dit omtrent soos ‘n Interhuis Atletiekbyeenkoms op ‘n klein dorpie geklink toe die eerste vergadering begin:

“Tony Yengeni, the disgraced former chief whip who was up on the stage, was cheered as he shook hands with Ministers Charles Nqakula and Brigitte Mabandla and embraced Sports Minister Makenkhesi Stofile. Blade Nzimande, Communist Party general secretary, was enthusiastically cheered, while his deputy, Jeremy Cronin, was also cheered – but less vigorously. Matthew Phosa – once a premier, now a businessman, always an anti-Mbeki figure – was warmly cheered. Essop Pahad on the other hand was booed. Both Nqakulas, husband and wife, were booed. Manto Tshabalala-Msimang got a fierce booing. Transport’s Jeff Radebe was cheered. Frene Ginwala, former speaker, was booed.”

Heel interessante benadering tot seker die belangrikste Imbizo’s wat hierdie land nog gesien het…ek sien in my geestesoog vir ou Desmond Tutu waar hy omhoog ‘n Gelofte afle en smeek vir ‘n oorwinning oor die Zoeloe(s)…



Arton Villa se geraamtes
Desember 15, 2007, 10:37 nm
Filed under: Kiekies

Ek is terug na ‘n paar dae in Limpopo. Eergister het ek ‘n tydjie vry toe gaan ry ek die patrolliepad langs die grens en net anderkant Musina kom ek toe af op Arton Villa, ‘n vamelewe weermagbasis wat ‘n paar jaar terug ontruim is. Fassinerende plek met ‘n ongelooflike atmosfeer -en hartseer…die batiljonwapen geverf by die ingang, die barakke met elke bed nog ‘n nommer gespuitverf bo die koppenent, die geboue soos kadawers in die Limpopo se skelgroen….

img_1127_0a.jpg

img_1138_0b.jpg

img_1141_0c.jpg

img_1131_0d.jpg

In die hitte gaan sit ek op ‘n stuk gruis wat eens op ‘n tyd die paradegrond moes gewees het. Ek sit lank daar in die stilte en laat my gedagtes gaan.

Ek dink aan al die troepe wat hier bloed gesweet het. Al die ouens, nognie eens heeltemal man nie, wat hier die lewe se lanfer kom leer ken het. In my gedagtes sien ek ‘n jong man by die barakke se deur teen die muur leun en senuweeagtig aan ‘n sigaret teug – die onsekerheid en ontkende vrees diep groewe langs sy oë.  Ek hoor ‘n luidrugtige gelag en gefluit van agter die amfiteater aanrol. In my hart sien ek vir Troep Nommer 1 in sy bed waar hy laataand ‘n brief vir sy meisie skryf waar hy haar verlang…

Ek dink aan hoe romanties die idee van diensplig vir my as klein seuntjie was…hoe ek met bewondering na die ge-uniformde manne gekyk het wat duimgooi by daardie armyman-borde langs die hoofwee. Ek onthou hoe ons gereeld gehoor het dat minder troepe op die grens sterf as op die nasionale paaie wanneer hulle huiswaarts keer, en ek hoor “Troepie Doepie” en “Hang ‘n duisend liggies”…die onrustige opgewondenheid wat al hierdie dinge in my wakker gemaak het – “Ons Vir Jou Suid-Afrika” in woord en daad!

Ek dink aan  daardie ‘n graf in Oudtshoorn naby waar my Oupa lê; ‘n klein marmerbeeldjie van ‘n vegtende soldaat. My pa het my vertel dat die troep op die grens in ‘n kontaksituasie dood is en dat sy lyk terug gestuur is in ‘n verseelde loodkis met die opdrag dat niemand dit mag oopmaak nie. Sy ma wou glo verskriklik graag na die oorskot kyk maar sy is ten alle koste verhoed en sy het haarself letterlik doodgetreur.

Ek onthou hoe dit my ontstel het om te dink dat daar dalk net ‘n emmer grond uit Angola se aarde in die kis kon wees…of dalk net ‘n hand. En dat die ou tannie nooit sou weet nie…

Toe ek by Arton Villa wegry kom hierdie song van BMRO by my op:

DIE GERAAMTES IN JOU KAS

‘n Hand kom deur jou venster
en jou gloeilamp is ‘n oog wat loer,
jou plafon bult in van bo af
en naels krap van onder jou vloer…
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel

Die klere vroetel rond in jou trommel
en jou stewels dans in die kas
jou rugsak het begin oopgaan
en grynslag saam met jou jas…
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel,

Jy onthou die stof
van ‘n township se strate
en die haat in die oë
aan die end van jou geweer…
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel,

Jy onthou die vure
en die wiele van ‘n Casspir
en die reuk van brandende rubber
deur die neus van jou gasmasker…
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel,

So, trek jou hoed oor jou oë
vir Sharpeville en vir Ventersdorp
en swaai aan jou droom
sodat jou skoene nooit nat word
van die modder op die grond
hier en daar gemeng met bloed…
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas sal aanhou kriewel,
die geraamtes in jou kas sal ewig kriewel.

img_1149_002d.jpg



Monkey Puzzle…
Desember 7, 2007, 10:58 vm
Filed under: Grappe

So ietsie om die naweek op te beur…

manto2.jpg

 



Die laaste van die Grotes
Desember 3, 2007, 10:11 vm
Filed under: Gedagtes

Die laaste Groot Gees in Afrikaanse Literatuur is weg.

eybers.jpg
Elizabeth Eybers
1915 – 2007

Om aan ‘n heengegane Elizabeth Eybers te dink is soos om aan Kringe in ‘n Bos sonder ‘n Oupoot te dink.
Dis half swaar. 

Stop all the clocks, cut off the telephone,
Prevent the dog from barking with a juicy bone,
Silence the pianos and with muffled drum Bring out the coffin,
let the mourners come.

Let aeroplanes circle moaning overhead
Scribbling on the sky the message [she] is Dead.
Put crepe bows round the white necks of the public doves,
Let the traffic policemen wear black cotton gloves…

[…]

…The stars are not wanted now; put out every one,
Pack up the moon and dismantle the sun,
Pour away the ocean and sweep up the woods;
For nothing now can ever come to any good.

Funeral Blues – W.H Auden