duskant sutherland


Beware the forces from the east…
September 25, 2007, 7:41 vm
Filed under: Geite

Nouja, ek sal nie ‘n gebalanseerde en (relatief) objektiewe rugbyondersteuner wees indien ek nie iets sê van pas-afelope Saterdag se opdraendestryd daar in Lens nie. Nou moet ek ook bysê, ek was in die Vrystaat by ‘n troue so dit wat ek van die game gesien het, was wat ou Niekie op RSG uitgesaai het. En klink my ook maar beter so. Soveel van ‘n rompslomp het ek lanklaas gesien…(um, gehoor…).

‘n Mens kan natuurlik uit die staanspoor verweer dat dit ‘n B spannetjie was en dat hulle nie heeltemal so lekker as span kon “nominate” nie – soos ons dit altyd op skool in rugbywedstryde genoem het. Daarin self is dan in elk geval ‘n duur les te leer – dis Wêreldbeker…moenie kanse vat nie! Dan is daar oom maar die ou staatmakers wat ongelukkig teleur gestel het en, so wil dit voorkom, die skarniere gaan moet olie…So dink ek bv. die feit dat ‘n Wêreldklas losskakel 12 punte deur sy skopskoen wegdrop is kommerwekkend. André verduidelik dat:

“Die oomblik wanneer ek die bal getref het, het my regtervoet oor my linkervoet geswaai, pleks daarvan dat ek my voet reguit deurgeswaai het in die rigting van die streep sand wat ek lê wanneer ek die bal stel.”

Nou dis alles goed en fine maar daardie tipe van skopskoendiagnoses maak mens lank voor jy op die vliegtuig klim. Ewenwel, hy is glo hard aan die oefen om die probleem om te los en ek hou duime vas dat dit ‘n eenmalige blaps was. Dan klink dit ook vir my of een van ons jonger manne die mondskerm uit die mond gaan moet haal en verduidelik. Frans, ek glo nie dit was ‘n byt nie en ek begin nou warm om die hals raak oor hierdie verdagmaking van Bokke in elke wedstryd wat vir my alte veel na doelbewuste viktimisering lyk.

Saterdag was ons gelukkig en ek dink as daar een positiewe aspek uit die hele scenario duidelik word, sal dit die verskil wees wat die ervare “A-span” manne kan maak en oor watter diep wedstrydtemperament hulle beskik. Nouja, my Springbokhart klop steeds groen en my hoop beskaam nie…ek weet ons kan dit doen en ek het so ‘n spesmaas ons gaan!!!!



duskant Venterstad (vervolg…)
September 19, 2007, 10:18 vm
Filed under: Kiekies

nog so ‘n paar fotos wat ek by ‘n plaasbouval naby Venterstad geneem het – ongelooflike plek vir fotos…

vr_01.jpg

vr_022.jpg

vr_031.jpg

vr_04.jpg



my bloed is groen en goud!!!!
September 15, 2007, 8:39 vm
Filed under: Goeters

John Keo skryf in sy gereelde rubriek:

“The prophecy of an England pummeling came to pass when South Africa secured a 36-0 whitewash in St Denis.

The way South Africa began it appeared as if a 50-pointer was on the cards. After the initial exchanges, JP Pietersen broke down the blindside off a line-out and found Fourie du Preez in good support. The Bok scrumhalf lost his footing but was still able to set up flanker Juan Smith for a well worked try.

What followed was an all out assault on the England back three…”

en

“If this game confirmed anything it was that the Webb Ellis Trophy will change hands by the end of this tournament…”

Pragtig Bokke, julle maak ons baie baie trots…

Bring hom huistoe.



die gesig van swaarkry…
September 14, 2007, 1:25 nm
Filed under: Gedagtes

p7050088.jpg

Leprosepasiënt in Kasane, Botswana 2006

Ek het nog nooit weer soveel swaarkry en hartseer op enige mens se gesig gesien soos op hierdie vrou s’n nie. Sy het is deur haar gemeenskap verstoot en het letterlik geen besittings gehad nie. Heel moontlik leef sy nie meer nie want sy was reeds baie ernstig siek toe ek hierdie foto geneem het.

Ek laat sak my kop in skaamte…



Anglo-Boereoorlog 2007
September 14, 2007, 12:55 nm
Filed under: Goeters

Sterkte aan die Bokke, ek hoop die oorwinning is soet!



sterrewag duskant sutherland
September 14, 2007, 12:51 nm
Filed under: Goeters

sterrewag1.jpg



sommer net
September 14, 2007, 12:02 nm
Filed under: Gedigte

ek ry verby die afdraai na Map
en besef dis laaste keer se stap
dis laaste keer se onthou
van onder die Wilg sit en verlang
en vir jou uitkyk tot jy kom

ek ry verby die Giyani naam
en ek besef dit is laaste keer so saam
laaste keer se terugdink
en deur doringbosse stap
tot by waterpoele waar vriendskap nog groei

ek ry verby Elim se mense
en ek besef dis laaste keer

laaste keer en laaste dag
mense vermaak en vrouens laat lag
en potte en lappe en lekker

my hart verdwaal skielik in tye
waar jy nog kon lewe
jou boek word vir ‘n oomblik my kompas
na ‘n tyd, ver ver van hier

en die lewe word die N1
oppad na nou…