duskant sutherland

Kleine Mnr. Sonskyn: Adelseun – ‘n gevalle studie
Junie 5, 2008, 8:35 vm
Filed under: Goeters

Ontmoet Adal-Son Coetzee. Ek weet nie rerig wat om meer te sê nie…

Soms, net soms, word mens mos so gedwonge stil, jy skud jou kop en jy wonder…Ek praat nounie hier van ‘n dieper bewuswording van die heelalmetafisiese of jou matriekeindeksamen Skeinat vraestel nie. Dis daardie verslae verwondering van die absurde. So ‘n gevoel van ongeloof maar tog ook met ‘n element van “scary but possible”. Word ek toe noudiedag van hierdie einste gewaarwording bewus toe ek hier en hier gaan kyk nadat ek die volgende artikel in die Volksgriffel se Sondagsuster raaklees:

Simson-seun mag hier nie sy rugby speel
‘n Sesjarige seuntjie met ’n bos hare wat op sy rug hang, is deur ’n skoolhoof van Pretoria aangesê om sy lokke te laat sny alvorens hy vir die skool se o.7-rugbyspannetjie mag speel. Adal-Son, wat nie in ’n skool is nie, maar tuisonderrig kry, is toegelaat om by die Woodhill College aan sport deel te neem…[ ]…sy lang hare het egter veroorsaak dat hy nie op die veld gedraf het nie. “Ons het al sy kortbroek en rugbytrui vir R415 gekoop toe die skoolhoof ons bel om te sê Adal-Son mag nie speel nie,” sê sy pa, mnr. Willem Coetzee.  Woodhill College se skoolhoof, mnr. Mike Theunissen, sê Coetzee is van die begin af ingelig dat Adal-Son se hare gesny moet word as hy vir Woodhill wil speel. “Coetzee het die skool genader om sy seun hier te laat rugby speel en ons het hom ’n guns bewys deur hom die kans te bied,” sê Theunissen. “Volgens die skool se reëls moet seuns se hare tot bokant hul ore en nek gesny wees, maar Coetzee het geweier om dit te laat doen omdat sy seun se hare glo van sy geboorte af nog nooit gesny is nie.” Adal-Son speel kitaar in sy sussie, Son-Isha, se orkes. Die groep is onder meer bekend vir treffers soos De la Rey moet ’n meisie kry. Adal-Son is juis bekend om sy lang lokke. “Aanhangers van my seun se musiek hou van sy lang hare en hulle sal teleurgesteld wees as hy dit sny,” sê Coetzee.

Gaan kyk ek toe na die webtuiste van hierdie knaap en sy ewe “bekende” sussie…En dis mos toe nou net daar dat daardie stomheid my slaan. Iets is netnie reg met hierdie prentjie nie…

Nou sit en wonder ek sommer so hardop…wat gaan hier aan? Wie is hierdie mense en waarom moet ons van hulle kennis neem?

En is dit nie ongelooflik verwaand van Mnr. Coetzee om te verwag dat sy seun, wat alreeds op vergunning by Woodhill betrokke is, spesiale behandeling ontvang nie. Hoe bekend is Adel dan presies dat sy ondersteuners van hom vervreem gaan raak indien hy se hare kap? Ek glimlag ook breed vir die verwysing na die rugbykleertjies wat ten duurste vir Adel angekoop is…maar bygesê, miskien moet pappa Coetzee juis sy pennies omkeer om ousus Son-Isha se toerbus te finansier…

Goed, alle grappies op die spreekwoordelike stokkie…Ek dink nou so terug aan die jeugjare van my lewe, darem nie te lank terug nie…Op ses het ek albasters en scalextric gespeel, gereeld pakslae gekry en gesukkel om verby my Gr.1 onderwyseres te kom. Op ses het ek tot laatmidaag saam met my boeties in die park “dryfings” en “touchrugby” gespeel en was ek 8 uur in die bed. Ek onthou hoe trots ek was op my eerste Super Springbok rugbybal en ek het hom gedubbin dat hy soos ‘n vuurkool geblink het. Ek onthou hoe ek eenkeer lelik teëgepraat het by die skool en vir myself ‘n liederlike pakslae van my Juffrou en my pa op die hals gehaal het. Maar ek kan onthou hoe gelukkig ek as kind was en hoe ek daardie jare geniet het. Ek onthou hoe trots my pa op my was toe ek my eerste drie gedruk het…hoe my ma gespog het toe ek die trommetjies in die slagwerkorkessie gespeel het.

Dan kyk ek na Adal en sy sussie en dit voel vir my ek het al iewers hierdie prentjie gesien…

Hoe benader ‘n mens ouerskap in 2008? Is dit ‘n geval van “Van wanneer af het ‘n maaksel ‘n wil” soos Elias van Rooyen in Dalene Matthee se “Fiela se Kind” verklaar -of juis nie? En mag ouers van hulle kinders goeters maak wat hulleself dalk nooit was of kon bereik nie? Wat sê julle?

Al wat ek sê…arme arme Adal-Son.

Advertisements

24 Kommentaar so far
Lewer kommentaar

Hierdie Meisietjie irriteer die k*k ui my uit. Ek weet nie hoe kan hierdie kind se ouers dink sy het talent nie. Die lirieke wat hulle skryf vir die kind is daai tipiese aangeplakte afrikaanse liedjies vir die kind se aangeplakte talent.

Haar naam klink of jy ‘n Kleenex moet nader trek as jy dit sê, of ‘n Vicks Medinite moet vat daarna.

Die song “De La Rey moet ‘n meisie kry” is die grootste pot k*k wat ek nog in my lewe gehoor het.

De La Rey moenie ‘n meisie kry. Hy moet rus kry meisie
Jy sing De La Rey moet ‘n meisie kry ek dink jy en jou pa moet ‘n P0$s klap kry.

Dis vir my altyd hartseer as ouers hulle kinders in ‘n rigting indruk wat nie vir hulle bedoel is nie

Kommentaar deur Fenderstrat

Eerstens wil ek vra: Wat beteken die kind se naam, want WRAGTAG! Tweedens wonder ek oor die verskrikte uitdrukking op sy gesig in albei foto’s, o ja, en die ander foto met die rugbyklere ook, waar hy so bietjie verdwaas met die gras sit en speel. Ek dink hierdie arme kind gaan op 15 groot probleme aan sy ouers verskaf .. maar nou jou, hulle verkies dit seker so. Om van sussie nie te praat nie. O ja, ek KEN actually haar begeleidster!!!

Kommentaar deur Trespodidas

Wanneer God 8-jariges begin aanstel as “konings”…. behoort ons te weet dat die mensdom in groot moeilikheid is…!

Kommentaar deur johannes coetzee

Vreemd…

Hoe kan die kind buitendien rugby speel vir ‘n skool wat hy nie bywoon nie?

En hoekom lyk die sussie (wat 11 is) op haar website soveel ouer? Hallo Britney!

Kommentaar deur netjane

Dit is skrikwekkend! Ek as ouer bid dat ek nie my ambisies op my kinders moet oorplaas nie. Wie wen in so ‘n situasie. Die ouers of die kind, wie kom bo uit! Op 6/7 is ‘n kind nie veel meer as ‘n babatjie wat beskerm, en omring met liefde moet word nie…

Kommentaar deur Pikkelik

Hierdie is nie ‘n storm in ‘n teekoppie nie – dis ‘n storm in ‘n vingerhoed!

Kommentaar deur boerinballingskap

Ek tolerate gewoonlik sulke kak, maar nie soos wat met daai snotneuse aangaan nie.
Die dag as daai laaitie deur die skool is, en sommer deur ‘n goeie weermag ook, soos die ou SAW, kan hy sy hare begin lank dra en sommer 20 tattoos ook kry as hy wil.

Daai laaitie moet in ‘n bende wees en kettie skiet en plaasdam swem, nie homself ophou met langhaar kak nie. Sy sussie moet droom van grootword, nie gebreinspoel word asof sy alreeds volwasse is nie.

Aan hulle ouers: FU.

Kommentaar deur gertgariep

Dis so bisar ek weet nie wat om te se nie. Die bus is die ergste.

Kommentaar deur rosalindfranklin

Die familie lyk of hulle uit feetjieland ontsnap het of hulle is deur Blommie Kabouter uitgegooi. Kan ons kinders nie maar net huppel en spring en doen wat hulle geniet nie. Ma en Pa leef weer hulle drome uit deur die kinders.

Kommentaar deur Rustig

Ag nee frokkit julle – wat te erg is is darem net te erg! En so wrintiewaar is hier ‘n Hofmeyr wat ‘n vinger in die pie het!!

Die arme kinders – watter memories het hulle van hul kindwees as hul eendag oud (en onbekend) is??

Kommentaar deur René

Ek het video gekyk op you tube. Nee foeitog kan hulle die mense so straf. Baie jammer maar die kind het nou nie veel talent nie.

Kommentaar deur Rustig

Fnokken belaglik!

Kommentaar deur krista

Ek wonder maar net of dit nie alles maar oor geld gaan nie.

Kommentaar deur oopkop

Deur Adal-Son en Son-Isha se pa, Willem Coetzee.

Is hulle dan die “moffies” waarvan julle praat wat moet rokkies dra.

Weet die Afrikaners nie dat jou geslag bepaal word deur die lengte van jou geslagsdele en nie die lengte van jou hare nie…

Almal wat Adal-Son ontmoet maak hom belowe dat hy nooit sy hare sal sny nie, aangesien hy die mooiste hare het…

Hoekom mag mans dan nie ook mooi lyk vir vrouens nie?

Julle onkunde oor die musiek bedryf astonish my…Die idee dat ‘n kind of selfs ‘n grootmens in die musiek wereld sy ouers kan onderhou is belaglik inteendeel die teendeel is waar.

Ek het dokumentere bewys dat ek meer as R 2.5 mil aan Son-Isha se sangloopbaan gespandeer het.

JULLE is die ouers wat die indruk skep dat kinders moet speel en lag sorgeloos…maar julle maak julle kinders wakker terwyl dit nog donker is, stuur julle hulle na een on ander compound/instansie toe waar ander mense hulle moet grootmaak en dan moet hulle nog wanneer hulle by die huis kom huiswerk doen tot in die middel van die nag!! net om seker te maak hulle het geen tyd vir speel nie.

Ons kinders word tuis onderrig tussen 9 en 1 bedags en die res van die tyd is hulle tyd om te speel.

Dis hartseer om te weet dat daar mense is wat dink hulle kan klein wesentjies aanrand en met trots vertel hoe hulle aangerand word/was asof dit normaal is en dan word dit deur ouers en onderwysers as “pakslae” genoem.

Hoe programeer ‘n mens jou brein so dat jy dink dis reg om ‘n geweldenaar te wees teenoor dit/die wat jy juis moet oppas en koester.

Dis algemene kennis in die muskiek bedryf hoe min ek van die bedryf hou en hoe graag ek sou wou he dat my kind nie moet sing nie, maar sy word toegelaat om haar eie besluite te neem en haar toekoms te bepaal, anders as julle is my kinders nie my besitting nie maar wesens in hulle eie reg.

Gewoonlik ignoreer ek hierdie tipe mense soos die wat bo kommentaar lewer…want ek weet hulle gebruik elektronieka vir dieselfde doel as skoothondjies…om daaragter weg te kruip.

vervolg…

Comment deur Willem Coetzee Augustus 6, 2011 @ 6:49 vm
Reply

Vervolg…

Talent is ‘n woord wat deur mense gebruik word om iets te beskryf hulle self ie verstaan nie, dit maak nie saak wat jy in die lewe doen nie, as jy suksesvol is in wat jy doen is jy suksesvol met of sonder talent!!

Die sukses van beide my kinders spreek boekdele, en dan eien julle julleself die reg toe om my aan te spreek oor hoe om my kinders groot te maak terwyl julle kinders nie naastenby so suksesvol is nie…wat ook nie die kinders se skuld is nie…

The proof is in the pudding…

Kommentaar deur Willem Coetzee

Wie op dese aarde noem sy seun Adal-son?

Kommentaar deur krista

Natuurlik gaan alles oor geld! Mamma en Pappa het besluit dis makliker dat kleinsus die geld maak en die pot aan die kook hou as hulle. En ja, sulke mense noem hulle seun Adal-Son. EK MEEN!!!!

[…] reading the post on Duskant, it made me wonder how many of us are living our own dreams or the dreams of our parents? I have no […]

Teruglui deur Whose dream are you living? | Onrustig

Ek stem. Geld speel ‘n rol. Daai bus is erg. But each to his/her own. Ons hoef natuurlik nooit die vertoning te gaan kyk nie. Maar as die situasie vir hulle uitwerk – hoekom nie? Dit is maar net ons as buitestaanders wat ‘n oordeel oor hierdie gebeure fel – aan die einde van die dag doen hulle wat hu goed dunk.

Kommentaar deur Emil

Ek dink dit is die volgende moffie,dis nie pappa se seuntjie nie dit is pappa se klein dogtertjie trek vir haar rokkie aan en gee vir hom haar n poppie om me te speel

Kommentaar deur Gerrie

Hi weet julle nie om jaloers te wees is ‘n sonde nie? Die beoordeelaars by die “world championships for performing arts” het Son-Isha die wereld kampioen gemaak toe sy slegs 6jaar oud was! Ek stem dus nie saam met julle Afrikaners nie.

Son-Isha was die jongste kunstenaar ooit om ‘n SAMA ( south african music award) nominasie te ontvang. Duidelik stem die industrie ook nie saam met julle nie.

Son-Isha was ook die jongste kunstenaar om ooit ‘n SATMA (south african traditional music award) nominasie te ontvang.

Dit laat ‘n mens wonder…..en spreuk duidelik van jaloesie

Wat Adal-Son aan betref…Weet hierdie mense dat hy in Junie 2011 by die interprovinsiale yshokkie die toekenning ontvang het vir die beste “devence man of the tournament” en al is hy 9 jaar oud, is hy gekies vir die onder 14 en onder 16 A SPAN!!

Yshokkie is nie die sussie sport wat rugby is nie, so trek nou vir hom ‘n rokkie aan, en sy hare is steeds net so lank………

Mens moet seker ook net noem dat Son-Isha ook provinsiale kleure in yshokkie het!

Ek ken hierdie mense, en trust julle my hierdie pa het nie geld nodig nie!!!

Miskien het julle vergeet Son-Isha is een van die mees suksesvolle kinder kunstenaars en tree deesdae internationaal op.

Ter inlighting: Son-Isha die naam beteken die wyse en eerbare vrou en Adal-Son die naam beteken die wyse en eerbare man.

Kommentaar deur Rika

Deur Adal-Son en Son-Isha se pa, Willem Coetzee.

Die hele bohaai oor hare gaan my verstand te bowe…
dis tog waar dat die einste persoon wat julle aanbid se hare onder sy blaaie gehand het.

Dis algemene kennis dat Simson wat die sterkste man was wat nog ooit gelewe het se hare onder sy blaaie gehang het, en dan kan daar vele ander voorbeelde genoem word soos Kabous vd Westhuizen ens.

Is hulle dan die “moffies” waarvan julle praat wat moet rokkies dra.

Weet die Afrikaners nie dat jou geslag bepaal word deur die lengte van jou geslagsdele en nie die lengte van jou hare nie…

Almal wat Adal-Son ontmoet maak hom belowe dat hy nooit sy hare sal sny nie, aangesien hy die mooiste hare het…

Hoekom mag mans dan nie ook mooi lyk vir vrouens nie?

Julle onkunde oor die musiek bedryf astonish my…Die idee dat ‘n kind of selfs ‘n grootmens in die musiek wereld sy ouers kan onderhou is belaglik inteendeel die teendeel is waar.

Ek het dokumentere bewys dat ek meer as R 2.5 mil aan Son-Isha se sangloopbaan gespandeer het.

JULLE is die ouers wat die indruk skep dat kinders moet speel en lag sorgeloos…maar julle maak julle kinders wakker terwyl dit nog donker is, stuur julle hulle na een on ander compound/instansie toe waar ander mense hulle moet grootmaak en dan moet hulle nog wanneer hulle by die huis kom huiswerk doen tot ind ei middel van die nag!! net om seker te maak hulle het geen tyd vir speel nie.

Ons kinders word tuis onderrig tussen 9 en 1 bedags en die res van die tyd is hulle tyd om te speel.

Dis hartseer om te weet dat daar mense is wat dink hulle kan klein wesentjies aanrand en met trots vertel hoe hulle aangerand word/was asof dit normaal is en dan word dit deur ouers en onderwysers as “pakslae” genoem.

Hoe programeer ‘n mens jou brein so dat jy dink dis reg om ‘n geweldenaar te wees teenoor dit/die wat jy juis moet oppas en koester.

Dis algemene kennis in die muskiek bedryf hoe min ek van die bedryf hou en hoe graag ek sou wou he dat my kind nie moet sing nie, maar sy word toegelaat om haar eie besluite te neem en haar toekoms te bepaal, anders as julle is my kinders nie my besitting nie maar wesens in hulle eie reg.

Gewoonlik ignoreer ek hierdie tipe mense soos die wat bo kommentaar lewer…want ek weet hulle gebruik elektronieka vir dieselfde doel as skoothondjies…om daaragter weg te kruip.

vervolg…

Kommentaar deur Willem Coetzee

Deur Adal-Son en Son-Isha se pa, Willem Coetzee.

Die hele bohaai oor hare gaan my verstand te bowe…
dis tog waar dat die einste persoon wat julle aanbid se hare onder sy blaaie gehang het.

Dis algemene kennis dat Simson wat die sterkste man was wat nog ooit gelewe het se hare onder sy blaaie gehang het, en dan kan daar vele ander voorbeelde genoem word soos Kabous vd Westhuizen ens.

Is hulle dan die “moffies” waarvan julle praat wat moet rokkies dra.

Weet die Afrikaners nie dat jou geslag bepaal word deur die lengte van jou geslagsdele en nie die lengte van jou hare nie…

Almal wat Adal-Son ontmoet maak hom belowe dat hy nooit sy hare sal sny nie, aangesien hy die mooiste hare het…

Hoekom mag mans dan nie ook mooi lyk vir vrouens nie?

Julle onkunde oor die musiek bedryf astonish my…Die idee dat ‘n kind of selfs ‘n grootmens in die musiek wereld sy ouers kan onderhou is belaglik inteendeel die teendeel is waar.

Ek het dokumentere bewys dat ek meer as R 2.5 mil aan Son-Isha se sangloopbaan gespandeer het.

JULLE is die ouers wat die indruk skep dat kinders moet speel en lag sorgeloos…maar julle maak julle kinders wakker terwyl dit nog donker is, stuur julle hulle na een on ander compound/instansie toe waar ander mense hulle moet grootmaak en dan moet hulle nog wanneer hulle by die huis kom huiswerk doen tot in die middel van die nag!! net om seker te maak hulle het geen tyd vir speel nie.

Ons kinders word tuis onderrig tussen 9 en 1 bedags en die res van die tyd is hulle tyd om te speel.

Dis hartseer om te weet dat daar mense is wat dink hulle kan klein wesentjies aanrand en met trots vertel hoe hulle aangerand word/was asof dit normaal is en dan word dit deur ouers en onderwysers as “pakslae” genoem.

Hoe programeer ‘n mens jou brein so dat jy dink dis reg om ‘n geweldenaar te wees teenoor dit/die wat jy juis moet oppas en koester.

Dis algemene kennis in die muskiek bedryf hoe min ek van die bedryf hou en hoe graag ek sou wou he dat my kind nie moet sing nie, maar sy word toegelaat om haar eie besluite te neem en haar toekoms te bepaal, anders as julle is my kinders nie my besitting nie maar wesens in hulle eie reg.

Gewoonlik ignoreer ek hierdie tipe mense soos die wat bo kommentaar lewer…want ek weet hulle gebruik elektronieka vir dieselfde doel as skoothondjies…om daaragter weg te kruip.

vervolg…

Kommentaar deur Willem Coetzee

Vervolg…

Talent is ‘n woord wat deur mense gebruik word om iets te beskryf hulle self ie verstaan nie, dit maak nie saak wat jy in die lewe doen nie, as jy suksesvol is in wat jy doen is jy suksesvol met of sonder talent!!

Die sukses van beide my kinders spreek boekdele, en dan eien julle julleself die reg toe om my aan te spreek oor hoe om my kinders groot te maak terwyl julle kinders nie naastenby so suksesvol is nie…wat ook nie die kinders se skuld is nie…

The proof is in the pudding…

Kommentaar deur Willem Coetzee

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: