duskant sutherland


Rugby WB 2007 Bepalings
Augustus 30, 2007, 11:59 vm
Filed under: Goeters

Ek is ‘n groot rugbyliefhebber en kan nie meer wag vir die Wêreldbeker nie! Nouja, vir ‘n lusmakertjie hier is die bepalings.

Sterkte Bokkies, my geld is (altyd!) op julle.

D Span 1   Span 2 Groep Plek Begin*
07 Frankryk t Argentinië D St. Denis 21:00
08 Nieu-Seeland t Italië C Marseille 13:45
08 Australië t Japan B Lyon 15:45
08 Engeland t VSA A Lens 18:00
09 Wallis t Kanada B Nantes 14:00
09 Suid-Afrika t Samoa A Parys 16:00
09 Skotland t Portugal C St. Etienne 18:00
09 Ierland t Namibië D Bordeaux 20:00
11 Argentinië t Georgië D Lyon 20:00
12 VSA t Tonga A Montpellier 14:00
12 Japan t Fidji B Toulouse 18:00
12 Italië t Roemenië C Marseille 20:00
14 Engeland t Suid-Afrika A St. Denis 21:00
15 Nieu-Seeland t Portugal C Lyon 13:00
15 Wallis t Australië B Cardiff 15:00
15 Ierland t Georgië D Bordeaux 21:00
16 Fidji t Kanada B Cardiff 14:00
16 Samoa t Tonga A Montpellier 16:00
16 Frankryk t Namibië D Toulouse 21:00
18 Skotland t Roemenië C Edinburgh 21:00
19 Italië t Portugal C Parys 20:00
20 Wallis t Japan B Cardiff 21:00
21 Frankryk t Ierland D St. Denis 21:00
22 Suid-Afrika t Tonga A Lens 14:00
22 Engeland t Samoa A Nantes 16:00
22 Argentinië t Namibië D Marseille 21:00
23 Australië t Fidji B Montpellier 14:30
23 Skotland t Nieu-Seeland C Edinburgh 17:00
25 Kanada t Japan B Bordeaux 18:00
25 Roemenië t Portugal C Toulouse 20:00
26 Georgië t Namibië D Lens 18:00
26 Samoa t VSA A St. Etienne 20:00
28 Engeland t Tonga A Parys 21:00
29 Nieu-Seeland t Roemenië C Toulouse 13:00
29 Australië t Kanada B Bordeaux 15:00
29 Wallis t Fidji B Nantes 17:00
29 Skotland t Italië C St. Etienne 21:00
30 Frankryk t Georgië D Marseille 15:00
30 Ierland t Argentinië D Parys 17:00
30 Suid-Afrika t VSA A Montpellier 20:00
D Span 1   Span 2 Groep Plek Begin*
06 W Groep B t NW Groep A Kwart. 1 Marseille 15:00
06 W Groep C t NW Groep D Kwart. 2 Cardiff 21:00
07 W Groep A t NW Groep B Kwart. 3 Marseille 15:00
07 W Groep D t NW Groep C Kwart. 4 St. Denis 21:00
13 W Kwart. 1 t W Kwart. 2 Half. 1 St. Denis 21:00
14 W Kwart. 3 t W Kwart. 4 Half. 2 St. Denis 21:00
19   t   Brons Parys 21:00
20   t   Eind. St. Denis 21:00
Advertisements


…ens.
Augustus 29, 2007, 9:03 vm
Filed under: Grappe

zapiro.gif



Pretoria vs. Tshwane Hoofstuk 21
Augustus 29, 2007, 8:55 vm
Filed under: Geite

Ek lees vandag in die Beeld dat die ewige naamstryd oor Pretoria voortduur. Kyk, ek is nie een vir politieke nonsens nie maar as daar nou een ding is wat my briesend maak is dit intimidasie en subjektiwiteit onder die strooisuiker-vaandel van demokrasie en transformasie. En watter uitwerking het ‘n opmerking soos die volgende snedige dreigement deur mnr. Blanco Mabaso, sekretaris van die ANC in die Tshwane-metropool werklik op versoening:

“Wees dankbaar daar is nog ’n woonbuurt met die naam Pretoria. Moenie die ANC in die versoeking bring nie, ons sal dit óók verander.”

Vir my is dit ‘n hartseer dag as ‘n sanger soos Steve Hofmeyer as teenwoordigheid van almal wat ‘n Afrikaner-erfenis wil bewaar moet opstaan en stem dik maak. Nie dat ek iets teen Steve het nie maar wanneer gaan diegene wat om braaivleisvure, in die werkplek en op blogs 🙂 kla oor die verlies van ‘n kulturele identiteit pro-aktief druk begin toepas oor ons konstitusionele reg om te wees wie ons is en trots te wees op waar ons vandaan kom…

 Ai… 

Dankie Steve.

steve1.jpg



Karoo Kiekies
Augustus 28, 2007, 9:39 vm
Filed under: Kiekies

collage.jpg

Vir die onthou se onthalwe (en die bietjie verlang)…



Totsiens…
Augustus 24, 2007, 8:35 vm
Filed under: Ongekategoriseerd

xan.jpg

Ek sê vir julle totsiens. Ek sal julle ongelooflik mis.

Dis half swaar…



ongetiteld
Augustus 23, 2007, 8:28 nm
Filed under: Gedigte

in die nag se sterre
lê die flitse van ons paaie,
die opkyk na die melkweg se blou

in die nag se sterre
lê die spore van ons dag,
die liggies van gister en nou

in die nag se stilte
lê die komete van ons grootword
die rooiwyn van ons onthou

in die nanag van ons saamloop
stap my gedagtes afdraaipaadjies na jou
en wonder ek waar die tent vir jou siel vannag staan

in die laaste donker dans jy die riel
-‘n skadu teen die suiderkruis-
en dink ek my na eendag terug

in die rooidag van ‘n dooie vuur
sit ek en jy
weer
en wag dat die vroe-more se
Kelkiewyn
ons storie laat kom rym

23 – 08 om 23:08



…en wie was Herman?
Augustus 16, 2007, 11:28 vm
Filed under: Goeters

 koos5.jpg

Ken jy Koos se song “Herman”? Ek moet sê dat ek die meeste hou van diè Koos-songs wat stories vertel…van mense en plekke. “Herman” is een van hierdie songs…

Johann Pheiffer, goeie vriend van Koos, vertel:

Ons was ‘n jolige klomp in Durban in die sestigerjare… Koos se boesemvriend Douglas Davis was saam met my en Herman Hurter by die SAUK, Charl Thom wat saam met Koos by die Nataller gewerk het, het ‘n woonstel met Herman gedeel.

My sangoptredes saam met Gert van Tonder, as die voorloper van Groep Twee, was goed op dreef, hoewel Gert toe reeds na Johannesburg vertrek het. Vir Koos was ‘n sangloopbaan iets waaraan hy glad nie gedink het nie.

Daar is baie gegorrel en gekuier en veral Herman het altyd gepraat oor hoe hy en wie ookal wil saamkom op ‘n seiljag Bahamas toe gaan vaar. En na Java en Malta en Zanzibar…

“Die skip is in die baai…gooi die hamer in die hoek….die otter is in die botter…” só het liewe Herman, die skaam seun van Robertson, ‘n uitdrukking vir alles gehad.

Hier teen die derde week van die maand was Herman platsak en hy het dan sy saksofoon na ‘n pantjieswinkel geneem.  Tot betaaldag, wanneer hy teruggegaan het om dit terug te koop.  Dit het verskeie kere gebeur, vertel Charl.

En daar is baie getokkel.  Op Herman se stukkende ou kitaar.

Al was dit soms reeds laat in die nag, het Koos se woorde, wat so spontaan gekom het, ons laat besef dat hy ‘n diep mens is.

(Jare later het Douglas en Koos in Hillbrow gewoon en ná ‘n middernagtelike wandeling deur die strate van Hillbrow het Koos Sprokie vir ‘n Stadskind binne ‘n paar ure opgetower).

Op die dag wat ek hierdie stukkie skryf, tree Douglas af by die Universiteit van Stellenbosch. Charl is reeds afgetree en woon aan die Weskus.

En Herman?

Hy het dit nie gemaak nie. 

25 jaar is die ouderdom wat aan hom gegun is. Motorongeluk.

Kort daarna daag Koos by die woonstel op. In die hoek staan die stukkende kitaar, so tussen klompe wit kouse wat Herman altyd gedra het.  Hy wil graag die kitaar hê.

Met die kitaar in die hand en vol heimwee oor sy vriend en hulle onvervulde drome, skryf Koos sy liedjie, Herman:

Herman, jou skepe
le weer in die baai
hulle kom van ou oorde
waar ver winde waai
van Java en Malta
Beiroet en Bombaai
maar waar jy vanaand is
kan ons maar net raai

ons wou nog praat
oor Leningrad
Khartoem en Zanzibar
toe laat jy vir my
alleen agterbly
met ‘n droom en ‘n gebreekte kitaar