duskant sutherland


Ignorance is bliss…
Januarie 21, 2008, 10:19 vm
Filed under: Kiekies

So met al die donker, slegte en lelike (in geen spesifieke volgorde nie) dinge wat in onse boesems lêplek vind het ek gedink ek ontvlug so bietjie en gaan kuier in die Karoo…wie is ook nou nog verder lus om Steve se stinkstories uit te sniffel of Eskom beurt(elings) te kiëlhaal…

Eerder ‘n paar foto’s wat ek pas-afgelope Desember geneem het op die Plaas.

img_1586.jpg
“Maanlig Dam” (bietjie jammer van die lens-glare onder die maan…)

img_2584.jpg
“Ou windlaaier”

img_2025.jpg
“Pompies”

img_2488.jpg
“Die droë wêreld”

img_2647.jpg
“Na die reën”

img_2675a.jpg
“Laatmiddag werkies”


16 Kommentaar so far
Lewer kommentaar

My ouma en oupa het op Prins Albert in die Groot-Karoo gebly. As kinders was ons nou nie altyd juis lus om daar te gaan kuier in die Desember vakansie nie, want daar gebeur net mooi niks nie en al die grootmense gaan slaap in die middae. Vandag mis ek die rustigheid, die prag en stilte van die Karoo. Kwaliteit lewe. Geen gejaag. Ek mis dit!! Ek is jammer ek het dit as kind nie waardeer nie!!

kommentaar deur Celéste

My byvoeglike naamwoorde raak nou op! Ek ken jou nie, maar een ding weet ek verseker: Jy is ‘n fotograaf! 🙂

kommentaar deur boerinballingskap

Nou kyk Duskant, as jy elke keer dieselfde comment lees, weet net dis nie gecopy en paste nie 😉

Awesome! Loop jy met die kamera om jou nek of is dit net elke keer ‘n gelukskoot dat jy daar is op die regte oomblik?

kommentaar deur Zee

Mooi, hoor! En almal joune!! 😉

kommentaar deur Grrr

W O W !!!

Ai toggie, miskien eendag…

kommentaar deur wag-ʼn-bietjie

Moerse nice pics!

kommentaar deur Krista

Dis sooo mooi! Jy het voorwaar ‘n gawe om ‘n oomblik vas te vang.

kommentaar deur Dellie

Mnr. Duskant

met ‘n enkele knoppie
toor hy en verf hy
met ‘n enkele knoppie
ruk hy ons
deur ‘n kuberpoort
tot anderkant duskant
tot daar waar ver is
ruk hy ons
oor ‘n afgrond
van ongeloof
oor pompe en Pompies
en wolke wat vlam
of wat pienk is

kommentaar deur mykopop

Jy’t seker agtergekom ek laaik die fotos?

kommentaar deur mykopop

Wow, mykopop, baie baie dankie, dis ‘n groot eer vir my dat jy, op jou sonderlinge woorde-manier, lewe gee aan my kiekies. Jy het nou hier vir my baie beteken, en ek sê weereens dankie. As jy nie omgee nie sal ek graag die gedig as nuwe inskrywing plaas. Baie dankie.
Aan al die ander maters, Celeste, ek weet presies wat jy bedoel – daardie warm Sondae-middae agter toegetrekte gordyne vir middagslaap was ‘n nagmerrie vir enige kind…maar hoe anders is dit eintlik nie, ne! Dankie vir jou comment, sien jou weer!
Ai, ou boer, dankie, hoe sal ek sê…dis maar net genade! 😉
Zee, snaaks genoeg loop ek rerig maar pal met die kamera rond…die familie raak al bietjie agitated as ek eers ‘n foto “sien”…want hulle weet dit kan ‘n langdradige affere word. Maar nou moet ek bysê…dis maar in die mooie Karoo se aard om vir jou die mooiste canvas te gee om jou foto’s op te skilder!
Dankie Grrr, Dellie en Krista…ek waardeer die komplimente!Wag-‘n-bietjie, sal ek sê wag ‘n bietjie jong jou fotos is baie beter en mooier as myne! Very nice! Maar dankie!

kommentaar deur duskant

Jy’s welkom Duskant, ek sal dit net graag self ook plaas, en as dit OK is met jou, met so 3 van die foto’s, maar hulle sal net skekels na jou wees. (Ek dink dis geen probleem as ons dit albei plaas nie, dis net ‘n stukkie geskiedenis wat gebeur het!)

kommentaar deur mykopop

Verseker, Mykopop! Jy is baie welkom – laat ons geskiedenis maak! Weereens dankie.

kommentaar deur duskant

[…] oorspronklik as ‘n kommentaar gelewer op sy blog, Duskant Sutherland by sy inskrywing “Ignorance is bliss…” (meer foto’s daar!), op 21 Januarie 2008. Die foto’s hierbo behoort aan hom. […]

Teruglui deur Mnr. Duskant « My Kop Op ‘n Blok!

Jou foto’s is STUNNING!!! Ek kan sien hoekom jy so lief is vir daardie wêreld!

kommentaar deur Kaalvoetkind

Ek wys gisteraand vir my ma (wat op Williston woon) jou foto’s en daar het die ou lady so wrintiewaar ‘n traan in die oog! Dis beautiful Duskant! My ma wil weet of sy die “na die reën”-foto kan raam en/of jy kopiereg het!??? Ek het gesê ek sal uitvind…!

kommentaar deur René

Stunning foto’s… wow… regtig stunning!

kommentaar deur Da Mario




Lewer kommentaar