duskant sutherland


So met Moedersdag…
Mei 11, 2008, 6:07 nm
Filed under: Goeters

…wens ek alle Moeders; oueres, nuweres asook voornemendes ‘n wonderlike dag toe.

[…en wonder ek nederig of dit Heino of sy Mutter is wat op hierdie plaatomslag pryk…]

Advertisements


Hier is ‘n Les te leer…
Mei 8, 2008, 10:41 vm
Filed under: Goeters

Smile ek toe anderdag amper so breed soos die Piekanienies waaroor ek vroeër geskryf het toe ek die volgende stukkie in die Griffel van die Volk raaklees:

“…Brussel. Drie inwoners van die Griekse eiland Lesbos het met ’n regsaak in die Atheense hooggeregshof begin om mense wêreldwyd te verhinder om die begrip lesbies vir homoseksuele vroue te gebruik. Lesbos is ’n eiland aan die Turkse kus wat egter aan Griekeland behoort. Dit was in die antieke tyd ook die tuiste van die vroulike digter Sappho, wie se geskrifte duidelike homoseksuele elemente bevat. Dit is die rede waarom die woord “lesbies” wêreldwyd vir homoseksuele vroue gebruik word.  En dus wil die drie Lesbos-inwoners, oftewel Lesbiërs, van wie een man en twee vroue (almal heteroseksueel) is, hê dat die begrip slegs gebruik mag word om inwoners van hul eiland aan te dui. In die tydskrif O Davlos skryf hulle onder meer: “Ons is teen die willekeurige gebruik van die naam van ons tuiste vir mense wat eienaardig is. Hulle eien hulle die benaming ‘lesbies’ toe, en dit kan ons nie toelaat nie,” luidens ’n berig in die Vlaamse dagblad De Morgen. Die saak kom op 10 Junie in die hooggeregshof in Athene voor…”

Maskas nè, een van die dae gaan Pniel se mense dalk ook wapen opneem… 🙂
Nou goed, wat moet dan nou hier verander…die naam van die eiland of die benaming vir die dames? En swaai hierdie hofsaak na welke kant…wat sal dan alternatiewe benamings vir die eiland en/of die homoseksuele meisies dan wees. Enige idees…?



En die bloed het wyn geword…
Mei 8, 2008, 8:07 vm
Filed under: Gedagtes

Proloog:
Nou goed, my hand het ek nog nooit aan intertekstuele blog gewaag nie en ek vermoed ek steek my kop hier in ‘n byenes.
‘n
Inskrywing deur ‘n ou bekende, Roer het my nogal aan die dink gesit.
En ek kan nie anders as om dit hier te kom afmeet nie…daarom, eerlik maar met apologie aan haar:

Ek wonder of Mej. du Toit se dominee ook vir haar Sondag gepreek het oor emigrasie en dat dit beter is om trots Suid Afrikaans te wees. Ek wonder of kennisse van Me. Botha haar vertel het dat sy, onder omstandighede, haar seëninge kan tel omdat dit baie makilk anders kon wees. Ek wonder of Mnr. Groenewald se bure hom vertel het om meer positief te wees oor die land en sodoende perspektief op sy vrese te kry. Ek wonder of Mnr. Fourie se vrou hom probeer oortuig het om te emigreer uit vrees vir verkragting of vir die lewe van hul kinders en hul eie. Ek wonder of Mnr. Opperman se vrou geweier het om te emigreer, want sy sou dalk haar familie en vriende te veel mis. Ek wonder of sulke mense besef dat daar dalk hoop in hulle harte is.

Epiloog bygesê:
Ek wonder ook waneer ons perspektief gaan kry op ons land.
Ek wonder ook wanneer mense gaan ophou kla met die witbrood onder die arm.
Ek wonder ook of mense besef tot watter uiterstes honger, dors en koue jou dryf.
Ek wonder ook wanneer mense gaan ophou terughunker na ‘n “ou Suid-Afrika”.
Ek wonder ook of mense misdaadstatistieke lees en besef hoeveel buitelanders by misdaad betrokke is.
Ek wonder ook wanneer mense die spreekwoordelike”wat jy saai sal jy maai” gaan begin lewe.
Ek wonder ook wanneer vrees en haat oorskadu gaan word deur geloof en hoop.

Laastens wonder ek wanneer ons weer gaan leer glo. Onwrikbaar glo.



Kom ons sê almal saam: pie-ka-nie-nie
Mei 6, 2008, 7:36 vm
Filed under: Gedagtes

Die coolste kuriositeit wat ek vir my in die Verenigde State gekoop het is hierdie blik muurplaat-advertensie vir “Picaninny freeze” roomys waarvan duisende glo in die 40’s en 50’s buite kafees in die Suide van die State gepryk het.

Ek het dit by A.Schwab’s in Memphis gekoop en ‘n hele $10 daarvoor betaal. Terug by die huis is dit teen die muur op langs my 80’s “manne drink Carling Black Label” advertensiebord. Toe ek nou die “piekanienie” so bekyk, die haartjies en die rooie lippies dog ek laat ek so bietjie gaan lees oor die agtergrond van hierdie karikatuur.

En daar ontvou ‘n geweldig-interessante storie rondom ‘n stereotipe wat ‘n huishoudelike naam geword het:

“The picaninny was the dominant racial caricature of Black children for most of the US’s history. Picaninnies had bulging eyes, unkempt hair, red lips, and wide mouths into which they stuffed huge slices of watermelon. Picaninnies were portrayed as nameless, shiftless natural buffoons running from alligators and toward fried chicken. The first famous picaninny was Topsy – a poorly dressed, disreputable, neglected slave girl. Topsy appeared in Harriet Beecher Stowe’s anti-slavery novel Uncle Tom’s Cabin. Topsy was created to show the evils of slavery. Here was an untamable “wild child” who had been indelibly corrupted by slavery. She was one of the blackest of her race; and her round, shining eyes, glittering as glass beads, moved with quick and restless glances over everything in the room. Her woolly hair was braided in sundry little tails, which stuck out in every direction. She was dressed in a single filthy, ragged garment, made of bagging; and stood with her hands demurely folded in front of her.

Picaninnies as portrayed in material culture have skin coloring ranging from medium brown to dark black – light skinned picaninnies are rare. They include infants and teenagers; however, most appear to be 8-10 years old. Picaninny girls (and sometimes boys) have hair tied or matted in short stalks that point in all directions; often the boys are bald, their heads shining like metal. The children have big, wide eyes, and oversized mouths – ostensibly to accommodate huge pieces of watermelon. The picaninny caricature shows Black children as either poorly dressed – ragged, torn, old oversized clothes – or, and worse, they are shown as nude or near-nude. This nudity suggests that Black children, and by extension Black parents, are not concerned with modesty. The nudity is also problematic because it sexualizes these children. Black children are shown with exposed genitalia and buttocks – often without apparent shame. Moreover, the buttocks are often exaggerated in size, that is, Black children have the buttocks of adults. The widespreaddepictions of nudity among Black children normalizes their sexual objectification, and, by extension, justifies the sexual abuse of these children. A disproportionately high number of African American children are poor, but the picaninny caricature suggests that all Black children are impoverished. This poverty is evidenced by their ragged clothes. The children are hungry, therefore, they steal chickens and watermelon. Like wild animals, the picaninnies often must fend for themselves…” (Wikipedia).

Sjoe, so histories is die piekanienie een van die mees gestereotipeerde karikatures wat ooit bestaan het. ‘n Simool van slawerny, agterlikheid, onderontwikkeldheid, primitiwiteit…

Nou praat my gewete natuurlik hard met my oor daardie gitswart, rooilip outjie teen my muur.

Dalk moet ek maar, in die woorde van Russel Peters, verklaar dat ek slegs die stereotipe raaksien en nie die een is wat dit tot stand bring en perseptualiseer nie…