duskant sutherland


Blanke skaamte…[2008?]
Mei 27, 2008, 2:03 nm
Filed under: Gedagtes

Paniek bevange
Mense hardloop rond
“veg vir julle lewens”
“jy’s slegter as die grond”

Blanke skaamte
Jy dink nie wat jy doen
Wie gee jou die reg
Om ander te verdoem

Veg saam teen haat
Veg saam teen onregverdigheid
Staan saam teen mensgemaakte institusies

Dis in jou weefsel ingeweef, jy gee nie om hoe ander leef
Die fokus is op haat alleen

Hou op met dit wat jy doen, jy breek af aan alles wat ons versoen
Sit jou trots eenkant en kom ons loop hand aan hand

Veg saam teen haat
Veg saam teen onregverdigheid
Staan saam teen mensgemaakte institusies

– Straatligkinders

Apartheid (lees xenofobie) Suid-Afrika 2008, hoe hard veg jy teen haat?

Advertisements


O hoor jy die Magtige dreuning, Suid-Afrika Brand…?
Mei 27, 2008, 8:53 vm
Filed under: Gedagtes

Miracles are a retelling in small letters of the very same story which is written across the whole world in letters too large for some of us to see. – C.S Lewis

Johan, Bertus, Johannes,  ekself en sommer almal anders wat gereeld oor Angus, aartappels, Xenofobie en wonderwerke dink…

– sê nou daar is iets soos wonderwerke?
– sê nou daar is iets soos ware profesieë?
– sê nou Buchan is in die kol met elke stukkie lering wat hy gee?
– sê nou daar is ‘n landwye (Christen) herlewing aan die gang in Suid-Afrika?
– sê nou Pastoor H van Pretoria is reg wanneer hy sê dat die geweld in Suid-Afrika ‘n poging is deur die Bose om die herlewing te stuit?
– sê nou daar is ‘n eindtyd soos deur Openbaring beskryf?
– sê nou ons leef in die laaste jare van hierdie eindtyd?
– sê nou God is in beheer en dat Hy sal oorwin?

Wat dan?