duskant sutherland


Gert Vlok Nel
Oktober 13, 2007, 8:08 vm
Filed under: Gedigte

 beautiful.jpg

En jy was beautiful in beaufort wes
En ek was so verskrik, verskriklik lief vir jou
En jy het op grafte en op treine
Ford Fairlain se agterseats gevry
En nou is jy en jou man both computor analysts

En laas winter you tried to slit your wrists en nou skryf jy vir my

Ek kan nie meer slaap nie,
Nie meer lag nie
Nie meer iets vir jou sing nie
Nooit ooit weer vir my soen nie

En mooi mooi mooi was jou woorde ook
Terwyl jy menthol sigarette rook
En daai sweet sweet dinge vir my sê
Terwyl jy sweet sweet in my arms lê

En die presiese woorde het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet in beaufort wes
En jou kaal liggaam onder ‘n koel summer cotton dress

Nie meer slaap nie, nie meer lag nie
Nie meer iets vir mekaar doen nie
Nooit ooit weer vir jou soen nie

En dis miskien soos ‘n storie uit die huisgenoot
Maar jy’t een aand skielik vir my weggestoot
En in die rear view mirror jou gesig gekyk
En gesê “miskien moet ek gelukkiger lyk
Daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
En ek het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
En soos ‘n roeiboot in die rivier af dryf

En kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie
Nie meer iets ooits reg doen nie
Nooit ooit weer vir jou soen nie

En die laaste herhinnering waar oor ek sing
Is toe ek en jy melktrein aan en aan in die nag in ry
To an-der-kant die ding dong gong
Van die breakfast waiter in die gang verby

En dit was my wake up call my life
Jy’t gesê wees asseblief life vir my
Maar ek het gedroom hoe ons in beaufort wes gaan woon

En ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
Nie meer so iets doen nie
Nooit ooit weer vir jou soen

Nie meer slaap nie, nie
Meer lag nie, nie
Meer  so iets doen, nie
Nooit ooit weer vir jou soen

Advertisements