duskant sutherland


Die trane, die hane en die siedende palmboom
Oktober 9, 2007, 11:00 vm
Filed under: Goeters

untitled.JPG 

Wat ‘n naweek, wat ‘n naweek. Met reg word die 2007 Rugby Wêreldbekertoernooi alreeds die “mees sensasionele”  een ooit genoem. En amper het die Bokke dit gister ‘n klipharde realiteit vir ons kom maak. Maar ek is seker die groot nuus is die wedstryde waarin die haas ongelooflike gebeur het…die gunstelinge is uit…En soos die trane van All Black kaptein Richie McCaw hierbo wys sal dinge in die Nieu-Seeland nooitweer heeltemal dieselfde wees nie. Nouja, ‘n mens moet erken dat ‘n paar skokkende beslissings deur Wayne Barnes defnitief nie in die guns van die All-Blacks getel het nie en daar is selfs ‘n “losprys” van N$1000 op sy kop geplaas deur hoogs ontstoke ondersteuners…dreigemente soos “We will f***** rip off your head you wan**g sack of s**t. WE WILL FIND YOU” doen sedert gister die rondte. Scary, en hartseer, want die All-Black afrigter Graham Henry het ook kort na die wedstryd aangekondig dat hy bedank as afrigter… Nouja, vorentoe-aangee of nie en met groot hartseer in die silwer-swart kamp, die Franse het as wenners uit die stryd getreë en geskiedenis gemaak…

allblack.jpg

Nouja, asof dit nie genoeg was nie het die span van Engeland die Aussies ook laat les opsê ek vir die eerste skok in die naweek se bepalings gesorg…Wat kan ek sê, die Rose was nie noodwendig die beste ten alle tye nie maar hulle het die diepte gewys om end-uit te speel in ‘n weddtryd waarin die gemoedere soms hoog geloop het en die manne mekaar maar gekarnuffel het. Die oorwinning het gekom met groot hulp van Johnny Wilkinson wat vroeër op die krukkelys was én is aangehelp deur die skopskoen van Stirling Mortlock wat, so beweer baie, eie handig (voetig?) vir die Wallaby-nederlaag verantwoordelik was. Ook hartseer was dat die Aussieskrumskakel-legende George Gregan in sy laaste internasionale wedstryd gespeel het nadat hy vroeër sy uittrede aangekondig het…nie ‘n ideale swanesang nie…

engeland.jpg

En dan die bokke…Manne…Julle sal mens se hart laat gaan staan! Dit was ‘n sonderlinge ervaring om die Suid-Afrika – Fidji wedstryd te kyk; in ‘n mens se agterkop spook die Aussie-Wallabie nederlae en dan kom doen hulle amper dieselfde. Tog, soos ek vroeë al gesê het, gaan dit uiteindelik ook “Big-Match Temperament”. Karakter. Nouja, ons manne het alles behalwe aanskoulike rugby gespeel, inteendeel. Maar wie wil nou oulike moves maak as daar ‘n WB toernooi is wat gewen moet word. Die Fidji-manne het ons goed opgefoeter, en toe het ons opgestaan en hulle ‘n loesing gegee…en dit is, volgens my, waaroor kompeterende rugby gaan. Dit is ook in sulke scenario’s waar jou wedstrydplan, jou geduld, jou inisiatief en jou geloof in jou spanmaats getoets word. En na 80 minute het die Bokke gewen. Dis wat tel.

 butch1.jpg

Welgedaan manne.

Advertisements


Die gesig van genoegdoening…
Oktober 9, 2007, 10:05 vm
Filed under: Goeters

Sébastien Chabal, moordmasjien van die Hane lyk tevrede na hul oorwinning oor die Kiwi’s…
(Hy laat my altyd aan ‘n karakter uit ‘n Asterix & Obelix boek dink…)

chabal_001.JPG