duskant sutherland


Lewe 101
Oktober 15, 2009, 8:25 vm
Filed under: Gedagtes

“…’n Groot deel van jou sit nog langs my op daardie klip in die Karoo…”

Na ‘n kort gesprek gister met ‘n meisie wat eiehandig verantwoordelik was vir my geloof in sielsmaats is dit hierdie opmerking wat by my vassteek. Ek het maande laas kontak met haar gehad, en met rede. Sy’s getroud. Lank lank gelede was ons saam kinders en het ons kaalvoet in die Karoo duskant Sutherland rondgeloop.

karoo_0002-edit

Daar was nooit meer as dit nie…so iets sou te menslik, te voorspelbaar wees. Ons het nagte-om op die klip gedroom en in ver sterrestelsels verdwaal. Ons het mekaar van die lewe geleer – sonder om ‘n woord te praat.

Vandag wonder ek waarheen daardie Karoopaadjie sou loop as Grootmenswees nie by die agterdeur kom klop het nie.

landscape3



freefallin’
Oktober 8, 2009, 7:17 vm
Filed under: Goeters

‘n Nabye ontmoeting met die periferie van gravitasie in seker een van die mees lukrake maande wat ek in my afgelope lewe al gehad het, het my nou een ding geleer. En hierdie gaan dalk stooopid en voor-die-hand-liggend klink (soos die beleerde Joost se kwinkslae op die Supersportkanaal) maar think about it…:

As mens nie iets doen nie, dan doen jy dit nie…

Ok ok, dalk nounie wenner-klas subliminaal en erudies nie maar laat ek verduidelik. Soms is dit nodig om – sonder om te dink natuurlik – jou kar te vat en op ononderhandelbare volume Tom Petty se woorde oor die luidsprekers diep te laat insink:

I wanna glide down over mulholland
I wanna write her name in the sky
Gonna free fall out into nothin’
Gonna leave this world for a while

And I’m free, free fallin’

…dan jou kar na die naaste vliegveld te stuur, jou na die ontvangs te haas en so gou moontlik ‘n aardige bedrag te betaal sodat jy nie kan uit-chicken nie. Voor jy jou kom kry sit jy, geharnas en gegear hoog bo die aarde waar die horison al ‘n purperblou-ronding maak. Soms is dit nodig om – sonder om te dink, uit die aard van die saak – 6 kilometer bo die aarde uit ‘n vliegtuig te spring en oomblikke van gravitasielose vrede, gehul in herhalende sensoriese oorladings, te beleef. Wonderbaar…

Gonna leave this world for a while…

nk

landscape3



As die donker my kom haal…
Augustus 21, 2009, 11:16 vm
Filed under: Gedigte

Hierdie song van “Die Heuwels Fantasties” is deesdae my song. En ek het so spesmaas dit gaan so bly…

Klein Tambotieboom

As die donker my kom haal
en die here my nie soek nie
as die osoonlaag vergaan
en in ‘n kandelaar van sterre val
begrawe my hart op Klein Tambotieboom
en strooi my as oor die Bosveld-horison
jy het nie ‘n graad nie
en jy het nie ‘n kredietkaart nodig nie
om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar
en die verte in van ‘n krans af te staar
die gelukkigste wat ek ooit was
op die naat van my rug in die natuurreservaat
die wind sing my naam
en deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag
geïsoleer in donderweer
ver van die wolkekrabbers
net die atmosfeer wat aan ons kleef
en ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
jy weet ek het nie
ek het nie ‘n agenda nie

Die Heuwels Fantasties (Die Heuwels Fantasties)

nkkitaar

landscape38



Ses maande se kiekies
Augustus 17, 2009, 2:34 nm
Filed under: Kiekies

d001

d002

d003

d004

d006

d007

d008

d009

d010

d012

d013

d014

d005

landscape38



a) Die Calvinisme wat ek nie leer verstaan het nie: Genade
Augustus 16, 2009, 9:04 nm
Filed under: Gedagtes

Om deesdae (positief of negatief) oor Calvinisme te praat is soos om ‘n stinkwind in ‘n hysbak te los…almal doen dit suutjies en vingerwysend. En tog – hierdie preokkupasie spreek van ‘n worsteling, eintlik ‘n kaalvuis baklei teen ‘n ding binne ons…’n deel psige wat ons dalk nie meer wil verstaan nie.

Dit dan ter sake bevind ek my anderdag in die volgende gespreksituasie:

Ek: “Ja…om ‘n gesonde baba te hê is ‘n groot genade, né…”

Persoon: “So jy impliseer dat God se genade nie rus op ‘n ma wat ‘n miskraam gehad het nie?”

Eina.

Net daar besef ek watter verdraaide verstaan ek van genade het. Skuus…watter verdraaide beeld ek van God het. Want vanuit die Calvinisme is ons mos nie veel meer as swak sondaards wat leef van die een sanitiserende genademoment na die volgende nie. En min weet ons dat daar ‘n gebroke wêreld vol foute, seer en verstaan daar buite huiwer. ‘n Wêreld waar die Geneesheer éintlik Sy voete vuilmaak om verby teologie en ideologie te gaan gesondmaak.

Deur genade? Nee, deur léwe… landscape38



En dis nou ses maande later*
Augustus 12, 2009, 4:36 nm
Filed under: Gedagtes

Ek’s terug.

Na ‘n bloghiatus van amper 6 maande het ek vanmiddag dwaal-dwaal weer hier duskant sutherland kom rondspeel. Die werf het ek gemis…ek ruik die woorde in die stof…ek sien al die ou bekende gesigte in die portretrame in die huis.

Ek’s terug ja. Nou moet ek sommer uit die staanspoor verduidelik dat my afwesigheid nie aan enige spesifieke rede toegeskryf kan word nie. Baie werk? Ja. Navorsing? Ook. Maar soms gebeur dit dat mens ‘n boek sommer een aand toemaak en in jou agterstuiwer weet jy gaan nie gou weer daaruit lees nie…dis eers klaar. So was dit ook met duskant sutherland. Sonder seremonie en fanfare het ek eendag besluit om nie my weeklikse bloginskrywings te skryf nie. Toe weer. En die hibernasie het langer aangehou as wat ek vermoed het.

Jis, ses maande is kripties lank…dit beslaan genoeg dae dat mens weer heel anders lewe en dink. Verloofdes troue, ander skei. Vriende gaan dood en broerskinders word gebore. Kontinente reis nader aan jou en nuwe musiek vind rusplek in jou siel. Ses maande. ‘n Lewensprecis.

Ai, dis lekker om terug te wees!

nk3

*Met erkenning aan Johan Swarts

landscape38



Die Boek se Afrikaanse tande (al porrende)
Maart 11, 2009, 9:00 vm
Filed under: Goeters

por

‘n Mens kan gerus met ‘n breë smile ‘n pluimpie aan die nuwe Afrikaanse Facebookkoppelvlak toedig.

Is ek toe nou vanmore drie keer “geknyp”, waarna ek twee daarvan beantwoord het met ‘n lekker “por”!
Ditsem, ek hou daarvan!

landscape32



Alleenspraak
Februarie 24, 2009, 9:00 nm
Filed under: Gedigte

ek ry verby elim se mense
en ‘n pad soek koers deur my hart
waarlangs ek soms stil kom wag het
– op die jy wat vandag in klippe en mure en koppe
grond en ‘n oukremetartboom
dansend lewendig word –

my hart verdwaal skielik in tye
waar jy nog kon lewe
en jou dagboek word vir ‘n oomblik my kompas
na ‘n tyd, ver ver van hier
maar dis te vaag
en die suggestie van lewe is skielik weer
‘n ster reg bo die soutpansberg

jy is weer weg
‘n laaste lig
in ‘n koue vuur

——–

(Ek verlang na jou)

landscape38



Van vroeg, van kindsbeen af…
Maart 6, 2009, 9:11 vm
Filed under: Gedagtes

vlees1

Besef ek nou vanmore iets wat my aan die dink sit…

Daardie prawn-pienk kleurkryte waarmee ons altyd so lekker geteken het toe ons klein was…wat het jy dit genoem? Ook “menskleur”?

Neem gou ‘n oomblik. Think about it.

landscape3



Vir Blixer…’n sterkte.
Februarie 17, 2009, 8:49 vm
Filed under: Gedagtes

n790294749_2072098_8323

‘n Bekende in ons blogkringe, Blixer, se man is onlangs tragies oorlede. Ek weet nie regtig wat om te sê nie, behalwe om, soos Johan Swarts, ‘n dag van eerbetoon aan Blixer en haar gesin te wy. Met hierdie stilte wil ek graag aan haar dink en elkeen wat haar woorde en gedagtes gelees het vra om dieselfde te doen.

Sterkte Blixer, mag die pyn eendag weer sonskyn wees.

landscape31