Filed under: Kiekies
Uiteindelik is ek terug op my verwaarloosde werf. Ek voel so skoon soos ‘n vreemdeling in die midde van al die ou gesigte en nuwe intrekkers. Nietemin, voorspoed vir die nuwejaar – dan maar ‘n laat wens!
Oudergewoonte maar ook vir oulaas, ‘n paar Karookiekies wat ek die pas-afgelope Desembervakansie daar duskant die ysterbome en waterdamme van Sutherland geneem het.











Soos ek hierbo gesê het, dit is oulaas se kiekies.
Ek het besluit om na dese ‘n spesifieke blogtuiste vir my kiekieprobeerslae in te rig en beplan om binnekort sommer ‘n domein daarvoor te registreer sodat ek lekker piesangs kan gaan met die voorkoms en uitleg. Nouja, om meer kiekies te sien, volg gerus die skakel na die tydelike “neelscapes”:

Filed under: Kiekies
Hierby ‘n foto wat ek donkerdag vandag geneem het hier duskant die plaashuis
(hoop dit dien as verweer vir my blogstilte).

Ek hoor stilte. Ek drink sterre. Ek leef Karoo.
Ek is duskant sutherland.
Salig.
Voorspoed vir die komende jaar – mag dit juig!
Karoogroete tot sommer binnekort!

Filed under: Kiekies
Ek speel nog alte lekker met my nuwe speelding! Ongelooflik watter nuwe (makro)wêreld hierdie stukkie tegnologie ontsluit…en daarby vra Netjane toe vir nog ‘n ou kiekie of twee.
Ek is natuurlik glad nie onwillig nie…inteendeel!
Brommer. Mooi nè!


Filed under: Kiekies
Soos ek reeds laat blyk het, is ek vrek besig deesdae…maar ook darem nounie so besig dat daar nie tyd vir so bietjie pret is nie. My nuutste fotografiebelegging het vanmiddag geland – en my hele werkskedule opgeneuk…heerlik!
Canon EF 100mm f/2.8 USM Makrolens
Ek is mal oor makrofotografie en wou nog altyd my hand hieraan waag maar die regte “gear” is relatief duur, juis omdat dit so ‘n spesialisveld binne fotografie is. Anderdag sien ek ‘n ou “special’tjie” raak en trek die kredietkaart nader…drie dae later staan ek met een van Canon se suksesvolste en gewildste makrolense in die hand. Ek het glad nie op my laat wag nie en die tuin ingevaar.





Nouja, te oordeel aan hierdie probeerslae, gaan hierdie outjie my nog baie plesier verskaf.
Ok, back to work…suggg.

Filed under: Kiekies
Ek het die afgelope week weer die voorreg gehad om so bietjie in die Groot-Karoo te gaan rondry. Hier is so paar kiekies van die ver wêreld.

Landskap – Hanover

Garingboom en windpompe – Blomfontein

Landskap – Hanover

Matjiesfontein Stasie

Landskap – Hanover

Plaaspad – Hanover

Karoopad – Fraserburg

Sterrewag – Sutherland

Landskap – Blomfontein

Skaapwerk – Sutherland

Landskap – Blomfontein

Zen - Laurens van der Post Gedenktuin – Philipolis

Heilige blomme – Sutherland

Landskap en lug – Blomfontein

Die fotograaf.

Filed under: Kiekies
Na ‘n week in die Bos vir veldwerk vat ek weer grond, adem ek weer uitlaatgasse in en sus die snelweg my laataand aan die slaap. Wat ek van hierdie tyd in die Limpopovallei oorhou is grepies herinneringe aan seker die moeilikste, oorweldigendste maar ook mees fantatstiese week sover in my korte lewe. En ook foto’s…




O ja…en ek het ‘n nuwe beste vriend gemaak…

Filed under: Kiekies
Kersfees het hierdie jaar vir my vroeg aangebreek. Nie net is dit op die oomblik so koud soos ‘n propperse Europese winterkerstyd nie maar gryse Sinterklaas het ook vroeg kom draaimaak en vir my ‘n ietsie uit sy sak gebring. Julle mag dalk al bemerk het dat ek nogal lief is vir fotografie en dat ek so teen Oktober verlede jaar vir my die nodige toerusting aangekoop het om my op dreef te kry. Nouja, te danke aan my broer wat in Hong-Kong konferensie hou (waar Canon produkte vervaardig word en waar pryse letterlik die helfde goedkoper is) betreë ek onverwags maar nie ontydig nie, die midde van die professionele fotograaf met hierdie nuwe outjie wat dan vir Old Faithful vervang:

“But wait, there’s more”…in die woorde van ‘n SABC “infomercial”. Ek het verkies om die middelmatige beginners “kit”-lens wat saam met die kamera verkoop word, te verruil vir ‘n intreëvlak professionele zoem lens:

Wonderbaar…ek is vandag ‘n dankbare man. Hopelik sal ‘n vaardige woordkunstenaar soos mykopop binnekort, en soos voorheen, die lof van die digitale prentjies deur hierdie speelgoed gemaak, besing!
Nou gaan die vonke spat. Of sal ek sê, die sluiter vlieg…




























