Filed under: Grappe
Lanklaas het ek ’n grap of twee vertel hier op die bladsye van duskant. “Ook maar goed so”, sal baie van my vrinne dalk sê…Maar ek is nie onwillig nie en wat is die lewe dan nou sonder ‘n bietjie lag.
En dink ek toe mos die afgelope naweek aan hierdie twee oulike hond-grappies.
Waar vind ‘n mens ‘n hond sonder bene?
Daar waar jy hom gelos het!

Wat maak ‘n mens met ‘n hond sonder bene op ‘n Sondagmiddag?
Jy neem hom vir ‘n sleep in die park.
He he…oulik, nè! Kan jy aan ander afbeenhondegrappies dink? Let’s hear it!

Filed under: Grappe
…skertsend dat hy onlangse uitlatings gemaak het omdat hy jaloers is op Angus Buchan se hoed. En omdat Buchan die enigste man is wat Koos ken wat dink hy kan sy eie vrou regeer.
Lekker smaail ek nou.
Ai Koos…

Filed under: Grappe
‘n Nuwe fliek oor die Groot Meesters word beplan. Steven Spielberg begin akteurs soek en hy bel rond. Eerste praat hy met Antonio Banderas en vra vir hom of hy Beethoven sal speel. Dan skakel hy vir Matt Damon en vra of hy Mozart sal speel.
Later praat hy met Arnold Schwarzenegger en vra vir hom of hy Vivaldi sal speel. Arnie antwoord:
“No…I’ll be Bach..”

Filed under: Grappe
Onder meeste van my vriende staan ek bekend as een van die mense wat die “bad-ste jokes” kan vertel. Ek weet glad nie hoekom hulle so sê nie of wat hulle met “bad” bedoel nie (en ek weet ook nooit hoekom hulle reaksie op my grappies gewoonlik wissel van “Dude, stop voor jy jouself seermaak”, “No good” tot “Nice one, grapgat” nie…). Anyway, ek hoor hierdie goeie grappie die ander dag:
Twee vlieë gaan eet uit. Die een bestel vir hom ‘n groot bord, um, poef, met baie knoffel op. Die ander een sê vir die kelner “geen knoffel op my poef nie asseblief, dit laat my asem stink…”.





