Filed under: Gedigte
Hierdie song van “Die Heuwels Fantasties” is deesdae my song. En ek het so spesmaas dit gaan so bly…
Klein Tambotieboom
As die donker my kom haal
en die here my nie soek nie
as die osoonlaag vergaan
en in ‘n kandelaar van sterre val
begrawe my hart op Klein Tambotieboom
en strooi my as oor die Bosveld-horison
jy het nie ‘n graad nie
en jy het nie ‘n kredietkaart nodig nie
om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar
en die verte in van ‘n krans af te staar
die gelukkigste wat ek ooit was
op die naat van my rug in die natuurreservaat
die wind sing my naam
en deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag
geïsoleer in donderweer
ver van die wolkekrabbers
net die atmosfeer wat aan ons kleef
en ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
jy weet ek het nie
ek het nie ‘n agenda nie
Die Heuwels Fantasties (Die Heuwels Fantasties)


Filed under: Gedigte
ek ry verby elim se mense
en ‘n pad soek koers deur my hart
waarlangs ek soms stil kom wag het
- op die jy wat vandag in klippe en mure en koppe
grond en ‘n oukremetartboom
dansend lewendig word -
my hart verdwaal skielik in tye
waar jy nog kon lewe
en jou dagboek word vir ‘n oomblik my kompas
na ‘n tyd, ver ver van hier
maar dis te vaag
en die suggestie van lewe is skielik weer
‘n ster reg bo die soutpansberg
jy is weer weg
‘n laaste lig
in ‘n koue vuur
——–
(Ek verlang na jou)

Filed under: Gedigte

Ons is gesoute reisigers
Deur dop en lied, deur klank en vers
Ons is ballings uit `n paradys
Orals bekend, maar nêrens tuis.
Agter elke grens `n vreemde taal
In elke stad sy katedraal
Maar waar jy ook al sing of vra
Jou toekoms bly in Afrika
Ik ben onthecht en statenloos
Geen vlag, geen grens die ik geloof
Het noorden kwijt, het westen moe
Zo ging ik naar het zuiden toe
Geen vaderland, geen moedertaal
Geen binnenstad, geen kathedraal
Nu sta ik op het Bloubergstrand
Maar mijn hart ligt in het avondland
Hoe lank moet jy nog aanhou soek
Deur kaart of Bybel, gids of boek?
By watter herberg teen die wind,
In watter stal jou heiland vind?
Onder watter ster of noorderlig
Bly ons strompel, blind en sonder sig.
Slegs die Suiderkruis wag lankal daar
Ons toekoms is in Afrika
Ik droom kastelen langs de Rijn
In de de eeuwen die vervlogen zijn
Het continent van ijdelheid
Waar elke weg naar Rome leidt
Ik ben voorbij de Swartbergpas
De hel was mooier dan ik dacht
Nu sta ik hier aan deze kant
Maar mijn hart ligt in het avondland
As die nag finaal sy mantel gooi,
As die son verdoof van wit tot rooi,
As die stede stil word, mense bang,
In die woude niks meer voëlgesang.
Sal ons wat weet, ons voete wend
Terug na die donker kontinent.
Die laaste lente volg weldra,
Maar ons toekoms wag in Afrika
Als ik ooit alles achterlaat
Mijn taal, mijn stad, mijn huis en haard
Dan is er nog een deel van mij
Dat in het noorden achterblijft
Al heb ik hier het leven lief
Al is mijn oude wereld ziek
Zelfingenomen, arrogant
Toch ligt mijn hart in het avondland
Toch ligt mijn hart in het avondland

Want gister was ons kinders daar
Nou reis ons weer saam na Afrika
Al weet ik dat het vuur hier brand
Toch ligt mijn hart in het avondland
Stef Bos & Koos Kombuis

Filed under: Gedigte
“GPRS Gedig (vanuit d. Vreemde)” het gebeur op ‘n plaasdam-muur.
Doer in die Bosveld, so met sonsak-tyd.
Ek het nie geweet die foto word geneem nie…

Filed under: Gedigte
in teks
ini alleen vani aand
mis ek jou by my vnaand
(as di bosveldwind deur boomtak-sing
van ver uit die stad vi my,
van jou ‘n sein bring)

Filed under: Gedigte

Ek maak net soos ek wil.
As my wrak tog kan loop
en die pad is oop
en die lewe lê alkant te koop
en ek’t ‘n rand of tien
en wie weet miskien
nog ‘n paar hier of daar
wie weet waar
dan vat ek die pad
na die bose ou stad
want hy’s grys en wys
en hy’s gou
en die naald bly dwaal
net so regs van nul
want ek maak net soos ek wil.
Ek’t ‘n jaar lank gewerk
as ‘n derde klerk
dis weer tyd om ‘n iets te geniet
want ‘n week se swoeg
maak my moedeloos moeg
en die tjek sê ook
als is verniet
toe breek ek maar weg
want die wêreld is reg
en ek’s eindelik klaar met die spul
en die naald bly dwaal
net so regs van nul
en ek maak net soos ek wil.
Daar’s ‘n ietsie te sê vir
min rykdom hê
want ‘n rand is soms soos ‘n fortuin
as die wiele rol en die tenk is vol
word die sorge agter jou klein
die vryheid is soet
die trap met jou voet
en die enjin word dromerig stil
want die naald bly dwaal
net so regs van nul
en jy maak net soos jy wil.
Koos du Plessis

Filed under: Gedigte
– het jy al ooit die gevoel gekry dat niks ooit weer heeltemal dieselfde gaan wees nie? -
Bloeisels:
Vat my hart en skree
Ek lê my lewe neer
Vir dit wat jy wil doen
Is alles dieselfde?
Vandat jy hier was
Is alles deurmekaar
Jy was die eregas
Niks is meer dieselfde!
Gee my nog een kans
Ek wil jou verkeerd bewys
Vir als wat ek kan doen
Is alles dieselfde?
Bloei my hartjie, bloei vir jou, dit bloei vir jou
Gloei my lampie gloei vir jou..dit gloei vir jou
Sien my angstigheid
Voel my dringendheid
Is alles dieselfde?
Kan dit ooit weer wees
Dat ek jou sal vrees
Moet ‘n mens jou vriende vrees?
Niks is meer dieselfde!
Gee my nog een kans
Ek wil jou verkeerd bewys
Vir als wat ek kan doen
Is alles dieselfde?
Bloei my hartjie, bloei vir jou, dit bloei vir jou
Gloei my lampie, gloei vir jou, dit gloei vir jou
Straatligkinders
Filed under: Gedigte
Die Kranksinnige
In hierdie sel
agter die grense
van die vel
en die hoë
vensters van die oë
is twee mense:
die een is gek,
die ander, ek.
Dis hy wat kerm en gil
maar ek is bang en stil.
In elke klein uur van die nag
veg ek teen hom met minder krag
en as hy wen dan skree hy luid
sy wrok teen God en wêreld uit.
In hierdie klein vertrek
van vlees en been,
is twee. Die een
is gek,
die ander, Ek.
S.J Pretorius

Filed under: Gedigte
jy sien, die probleem is
soveel keer as ons [dans]
en ek skoffel-skoffel twee-stap
- die ritme my als -
maak jou voete ‘n wals

Filed under: Gedigte
By die gloeiende vuur van gister
het ek laataand gesit, leegdenkend
het ek gevoel hoe die suiderkruis my verbysteek
op sy ewige reis tot by die swart.
Op ‘n onbewaakte oomblik by die koue vlamme
het jy my weer kom haal
-die teenwoordigheid van ‘n gestorwene-
het jy die lewe uit my gevee.
Laataand terwyl die sterre begin reën
het my lyk styf geword by die reste van die hout
was die asem wat jy my eens gegee het
so ver soos die verste supernova.
Ek het getreur oor die dood en die koue
dat dit jy moes wees wat die Bloed sou stort.
My weer ‘n lyk sou maak.
En voor die eerste Hadedas begin raas is ek weg.
Naskrif.
Ek reis die Pan American Highway
die pad van die dood.
Ek’s die gees wat gebreekte karre regmaak
as die son vir laas op die horison hartseer raak.
En die eensame skadu wat kinders troos
as die pad te lank was…


