duskant sutherland


Lewe 101
Oktober 15, 2009, 8:25 vm
Filed under: Gedagtes

“…’n Groot deel van jou sit nog langs my op daardie klip in die Karoo…”

Na ‘n kort gesprek gister met ‘n meisie wat eiehandig verantwoordelik was vir my geloof in sielsmaats is dit hierdie opmerking wat by my vassteek. Ek het maande laas kontak met haar gehad, en met rede. Sy’s getroud. Lank lank gelede was ons saam kinders en het ons kaalvoet in die Karoo duskant Sutherland rondgeloop.

karoo_0002-edit

Daar was nooit meer as dit nie…so iets sou te menslik, te voorspelbaar wees. Ons het nagte-om op die klip gedroom en in ver sterrestelsels verdwaal. Ons het mekaar van die lewe geleer – sonder om ‘n woord te praat.

Vandag wonder ek waarheen daardie Karoopaadjie sou loop as Grootmenswees nie by die agterdeur kom klop het nie.

landscape3



a) Die Calvinisme wat ek nie leer verstaan het nie: Genade
Augustus 16, 2009, 9:04 nm
Filed under: Gedagtes

Om deesdae (positief of negatief) oor Calvinisme te praat is soos om ‘n stinkwind in ‘n hysbak te los…almal doen dit suutjies en vingerwysend. En tog – hierdie preokkupasie spreek van ‘n worsteling, eintlik ‘n kaalvuis baklei teen ‘n ding binne ons…’n deel psige wat ons dalk nie meer wil verstaan nie.

Dit dan ter sake bevind ek my anderdag in die volgende gespreksituasie:

Ek: “Ja…om ‘n gesonde baba te hê is ‘n groot genade, né…”

Persoon: “So jy impliseer dat God se genade nie rus op ‘n ma wat ‘n miskraam gehad het nie?”

Eina.

Net daar besef ek watter verdraaide verstaan ek van genade het. Skuus…watter verdraaide beeld ek van God het. Want vanuit die Calvinisme is ons mos nie veel meer as swak sondaards wat leef van die een sanitiserende genademoment na die volgende nie. En min weet ons dat daar ‘n gebroke wêreld vol foute, seer en verstaan daar buite huiwer. ‘n Wêreld waar die Geneesheer éintlik Sy voete vuilmaak om verby teologie en ideologie te gaan gesondmaak.

Deur genade? Nee, deur léwe… landscape38



En dis nou ses maande later*
Augustus 12, 2009, 4:36 nm
Filed under: Gedagtes

Ek’s terug.

Na ‘n bloghiatus van amper 6 maande het ek vanmiddag dwaal-dwaal weer hier duskant sutherland kom rondspeel. Die werf het ek gemis…ek ruik die woorde in die stof…ek sien al die ou bekende gesigte in die portretrame in die huis.

Ek’s terug ja. Nou moet ek sommer uit die staanspoor verduidelik dat my afwesigheid nie aan enige spesifieke rede toegeskryf kan word nie. Baie werk? Ja. Navorsing? Ook. Maar soms gebeur dit dat mens ‘n boek sommer een aand toemaak en in jou agterstuiwer weet jy gaan nie gou weer daaruit lees nie…dis eers klaar. So was dit ook met duskant sutherland. Sonder seremonie en fanfare het ek eendag besluit om nie my weeklikse bloginskrywings te skryf nie. Toe weer. En die hibernasie het langer aangehou as wat ek vermoed het.

Jis, ses maande is kripties lank…dit beslaan genoeg dae dat mens weer heel anders lewe en dink. Verloofdes troue, ander skei. Vriende gaan dood en broerskinders word gebore. Kontinente reis nader aan jou en nuwe musiek vind rusplek in jou siel. Ses maande. ‘n Lewensprecis.

Ai, dis lekker om terug te wees!

nk3

*Met erkenning aan Johan Swarts

landscape38



Van vroeg, van kindsbeen af…
Maart 6, 2009, 9:11 vm
Filed under: Gedagtes

vlees1

Besef ek nou vanmore iets wat my aan die dink sit…

Daardie prawn-pienk kleurkryte waarmee ons altyd so lekker geteken het toe ons klein was…wat het jy dit genoem? Ook “menskleur”?

Neem gou ‘n oomblik. Think about it.

landscape3



Vir Blixer…’n sterkte.
February 17, 2009, 8:49 vm
Filed under: Gedagtes

n790294749_2072098_8323

‘n Bekende in ons blogkringe, Blixer, se man is onlangs tragies oorlede. Ek weet nie regtig wat om te sê nie, behalwe om, soos Johan Swarts, ‘n dag van eerbetoon aan Blixer en haar gesin te wy. Met hierdie stilte wil ek graag aan haar dink en elkeen wat haar woorde en gedagtes gelees het vra om dieselfde te doen.

Sterkte Blixer, mag die pyn eendag weer sonskyn wees.

landscape31



2) 2008-11-09 Sjuut en luister: Gaan mooi, Oom Niklaas!
November 11, 2008, 10:10 vm
Filed under: Gedagtes

“Hy was ’n vabond, maar hy het nooit kwaad gepraat van ander nie.”

limpieb1

Limpie Basson
1930 – 2008

Kaliel September (Fiela se Kind), Oom Ampie (Arende), homself (Radio Goeie Hoop)…ensovoorts.
Maar my gunsteling, Oom Niklaas Struis (Manakwalanners)

So gaan die Groot Geeste een vir een…

landscape32



1) 2008-11-09 Tula Sizwe: hambani kahle Mama Afrika!
November 11, 2008, 9:39 vm
Filed under: Gedagtes

“I see other black women imitate my style, which is no style at all, but just letting our hair be itself. They call it the Afro Look.”

miriam

Miriam Makeba
1932 – 2008

Mama Afrika.

‘n Groot Gees.  

landscape31



Aan die maagde…
Oktober 21, 2008, 8:45 vm
Filed under: Gedagtes

Een van my grootste passies is reis. Ek love dit (Suid-Amerika 2009…yeah!).

Hierdie video maak my hartseer, nostalgies, opgewonde en ongeduldig…want daar is so baie om te sien.

 

Hoe beskryf mens daardie brand in jou wat van jou ‘n perpetuele swerwer en reisiger maak? Waar kom die passie vandaan wat jou hierdie intense geluk gee wanneer jy vuil, moeg maar tevrede na ‘n vreemde sonsopkoms kyk?

En hoe leef jy dit as jou daaglikse roetine jou doodmaak…? Ek dink onwillekeurig aan Robert Herrick se gedig, To the virgins to make much of time , wat ons in matriek deurgeworstel het:

GATHER ye rosebuds while ye may,
    Old time is still a-flying :
And this same flower that smiles to-day
    To-morrow will be dying.

The glorious lamp of heaven, the sun,
    The higher he’s a-getting,
The sooner will his race be run,
    And nearer he’s to setting.

That age is best which is the first,
    When youth and blood are warmer ;
But being spent, the worse, and worst
    Times still succeed the former.

Then be not coy, but use your time,
    And while ye may go marry :
For having lost but once your prime
    You may for ever tarry.

Hoe verskriklik moet dit wees om die einde van ‘n leeftyd te bereik en onvervuld terug te hunker na verspeelde kanse en onvervulde drome.

Die tyd is nou, moenie wag nie. En moenie huiwer nie. Just do it….



Soms, net soms…
Oktober 10, 2008, 1:00 nm
Filed under: Gedagtes

Oh brother I can’t, I can’t get through
I’ve been trying hard to reach you
Cos I don’t know what to do
Oh brother I can’t believe it’s true
I’m so scared about the future and
I want to talk to you
Oh I want to talk to you

You can take a picture of something you see
In the future where will I be?
You can climb a ladder up to the sun
Or write a song nobody has sung, or do
Something that’s never been done

Are you lost or incomplete?
Do you feel like a puzzle?
You can’t find your missing piece
Tell me how do you feel?
Well I feel like they’re talking in a language I don’t speak
And they’re talking it to me

So you take a picture of something you see
In the future where will I be?
You can climb a ladder up to the sun
Or write a song nobody has sung, or do
Something that’s never been done, or do
Something that’s never been done

So you don’t know where you’re going
But you want to talk
And you feel like you’re going where you’ve been before
You’ll tell anyone who will listen but you feel ignored
Nothing’s really making any sense at all

Let’s talk

Coldplay (X&Y)



A Long Walk to Freedom?
Oktober 8, 2008, 12:05 nm
Filed under: Gedagtes