Lewe 101
11 Kommentaar sover
Lewer kommentaar
Oktober 15, 2009, 8:25 vm
Filed under: Gedagtes
Filed under: Gedagtes
“…’n Groot deel van jou sit nog langs my op daardie klip in die Karoo…”
Na ‘n kort gesprek gister met ‘n meisie wat eiehandig verantwoordelik was vir my geloof in sielsmaats is dit hierdie opmerking wat by my vassteek. Ek het maande laas kontak met haar gehad, en met rede. Sy’s getroud. Lank lank gelede was ons saam kinders en het ons kaalvoet in die Karoo duskant Sutherland rondgeloop.

Daar was nooit meer as dit nie…so iets sou te menslik, te voorspelbaar wees. Ons het nagte-om op die klip gedroom en in ver sterrestelsels verdwaal. Ons het mekaar van die lewe geleer – sonder om ‘n woord te praat.
Vandag wonder ek waarheen daardie Karoopaadjie sou loop as Grootmenswees nie by die agterdeur kom klop het nie.

11 Kommentaar sover
Lewer kommentaar
Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
As ek nie jou naam op jou mail gesien het nie, kon ek sweer jy is H!!!
Maar ek is nie getroud nie.
Geez, scary stuff.
Comment deur Skoor Oktober 15, 2009 @ 9:34 vmAbsoluut stunning foto. Skielik kan ek verstaan hoekom mense verlief kan raak op die barre Karoo.
Die skrywe laat my dink aan ‘n gedig van Robert Frost. As ek dit mag aanhaal:
Two roads diverged in a yellow wood,
And sorry I could not travel both
And be one traveler, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth;
Then took the other, as just as fair
And having perhaps the better claim,
Because it was grassy and wanted wear;
Though as for that, the passing there
Had worn them really about the same,
And both that morning equally lay
In leaves no step had trodden black
Oh, I kept the first for another day!
Yet knowing how way leads on to way,
I doubted if I should ever come back.
I shall be telling this with a sigh
Comment deur Xena Phoenix Oktober 15, 2009 @ 11:49 vmSomewhere ages and ages hence:
two roads diverged in a wood, and I —
I took the one less traveled by,
And that has made all the difference.
Stunning pic!
Comment deur kaalvoetinireen Oktober 15, 2009 @ 12:40 nmJa, grootword is toe nie so lekker nie.
Ek deel jou sentiment. Snaaks dat ‘n sekere deel van die aarde mens se menswees so kan opeis en jou telkens weer ontruk van jou daaglikse bestaan.
Comment deur boerinballingskap Oktober 15, 2009 @ 1:01 nmditto.
Comment deur Johan Swarts Oktober 15, 2009 @ 2:42 nmDis half “sad”
Comment deur Sonkind Oktober 15, 2009 @ 3:31 nmLyk my enige 101 laat mens maar terugverlang na die Trap der jeugd!
Comment deur mykopop Oktober 24, 2009 @ 7:04 vmDankie vir die kompliment julle…Jip die Karoo maak mens nogals ver terug verlang…
Comment deur duskant Oktober 26, 2009 @ 8:44 vmIs daar Spoke Duskant Sutherland?
http://skoor.wordpress.com/2009/10/29/ek-spook-jy-spook/
Comment deur Skoor Oktober 29, 2009 @ 6:37 nmhttp://meermin.wordpress.com/2009/10/29/patent-regte/ gaan loer bietjie hierna
Comment deur meermin Oktober 30, 2009 @ 7:17 vmDis memories wat uiteindelik ‘n groot deel van die lewe maak.
Comment deur rosalindfranklin November 1, 2009 @ 1:51 nm