Filed under: Goeters
‘n Nabye ontmoeting met die periferie van gravitasie in seker een van die mees lukrake maande wat ek in my afgelope lewe al gehad het, het my nou een ding geleer. En hierdie gaan dalk stooopid en voor-die-hand-liggend klink (soos die beleerde Joost se kwinkslae op die Supersportkanaal) maar think about it…:
As mens nie iets doen nie, dan doen jy dit nie…
Ok ok, dalk nounie wenner-klas subliminaal en erudies nie maar laat ek verduidelik. Soms is dit nodig om – sonder om te dink natuurlik - jou kar te vat en op ononderhandelbare volume Tom Petty se woorde oor die luidsprekers diep te laat insink:
I wanna glide down over mulholland
I wanna write her name in the sky
Gonna free fall out into nothin’
Gonna leave this world for a while
And I’m free, free fallin’
…dan jou kar na die naaste vliegveld te stuur, jou na die ontvangs te haas en so gou moontlik ‘n aardige bedrag te betaal sodat jy nie kan uit-chicken nie. Voor jy jou kom kry sit jy, geharnas en gegear hoog bo die aarde waar die horison al ‘n purperblou-ronding maak. Soms is dit nodig om – sonder om te dink, uit die aard van die saak – 6 kilometer bo die aarde uit ‘n vliegtuig te spring en oomblikke van gravitasielose vrede, gehul in herhalende sensoriese oorladings, te beleef. Wonderbaar…
Gonna leave this world for a while…


4 Kommentaar sover
Lewer kommentaar
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Eeuuww…maar ek’s bly jy’t dit geniet!
Comment deur Vlam Oktober 8, 2009 @ 8:45 vmSjoe, ek is jaloers! Het darem nou die dag gaan paraglide, maar dis maar boring in vergelyking met bungee…Wanneer ek weer in SA land gaan ek ook uit ‘n vliegtuig spring!
Comment deur kaalvoetinireen Oktober 8, 2009 @ 11:03 vmLekker, man!
Hel, KV – onthou net die valskerm!
Comment deur boerinballingskap Oktober 8, 2009 @ 2:28 nmMy boetie het ‘n se^ ding oor valskermspring wat ek nou lekker oor lag, maar ongelukkig nie kan herhaal nie (ons mag dit dink, maar nie se^ nie, daai klas van bollie), maar oor sensoriese oorladings verstaan ek heeltemal. Bly jy het dit gedoen en geniet. Wel gedaan.
Comment deur Roer Oktober 22, 2009 @ 5:23 nm