duskant sutherland


a) Die Calvinisme wat ek nie leer verstaan het nie: Genade
Augustus 16, 2009, 9:04 nm
Filed under: Gedagtes

Om deesdae (positief of negatief) oor Calvinisme te praat is soos om ‘n stinkwind in ‘n hysbak te los…almal doen dit suutjies en vingerwysend. En tog – hierdie preokkupasie spreek van ‘n worsteling, eintlik ‘n kaalvuis baklei teen ‘n ding binne ons…’n deel psige wat ons dalk nie meer wil verstaan nie.

Dit dan ter sake bevind ek my anderdag in die volgende gespreksituasie:

Ek: “Ja…om ‘n gesonde baba te hê is ‘n groot genade, né…”

Persoon: “So jy impliseer dat God se genade nie rus op ‘n ma wat ‘n miskraam gehad het nie?”

Eina.

Net daar besef ek watter verdraaide verstaan ek van genade het. Skuus…watter verdraaide beeld ek van God het. Want vanuit die Calvinisme is ons mos nie veel meer as swak sondaards wat leef van die een sanitiserende genademoment na die volgende nie. En min weet ons dat daar ‘n gebroke wêreld vol foute, seer en verstaan daar buite huiwer. ‘n Wêreld waar die Geneesheer éintlik Sy voete vuilmaak om verby teologie en ideologie te gaan gesondmaak.

Deur genade? Nee, deur léwe… landscape38


2 Kommentaar sover
Lewer kommentaar

Ek dink nie dis verkeer om na ‘n baba as ‘n genade gawe van God te verwys nie. Dit hoef nie te impliseer dat enigiemand anders om watter rede ookal nie God se genade verdien nie. Die woord genade beteken tog juis iets wat nie verdien word nie. God gee gewoon sy genade waar Hy wil.

Comment deur flippiefanus

Ja presies.

Suutjies met met wysende vingers is juis ook trap in daai ene.

Comment deur rosalindfranklin




Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>