Filed under: Gedagtes
Ek’s terug.
Na ‘n bloghiatus van amper 6 maande het ek vanmiddag dwaal-dwaal weer hier duskant sutherland kom rondspeel. Die werf het ek gemis…ek ruik die woorde in die stof…ek sien al die ou bekende gesigte in die portretrame in die huis.
Ek’s terug ja. Nou moet ek sommer uit die staanspoor verduidelik dat my afwesigheid nie aan enige spesifieke rede toegeskryf kan word nie. Baie werk? Ja. Navorsing? Ook. Maar soms gebeur dit dat mens ‘n boek sommer een aand toemaak en in jou agterstuiwer weet jy gaan nie gou weer daaruit lees nie…dis eers klaar. So was dit ook met duskant sutherland. Sonder seremonie en fanfare het ek eendag besluit om nie my weeklikse bloginskrywings te skryf nie. Toe weer. En die hibernasie het langer aangehou as wat ek vermoed het.
Jis, ses maande is kripties lank…dit beslaan genoeg dae dat mens weer heel anders lewe en dink. Verloofdes troue, ander skei. Vriende gaan dood en broerskinders word gebore. Kontinente reis nader aan jou en nuwe musiek vind rusplek in jou siel. Ses maande. ‘n Lewensprecis.
Ai, dis lekker om terug te wees!

*Met erkenning aan Johan Swarts

8 Kommentaar sover
Lewer kommentaar
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Welkom terug!
Comment deur Johan Swarts Augustus 12, 2009 @ 4:57 nmYep, welkom!
Comment deur boendoe Augustus 12, 2009 @ 7:24 nmGoe om jou weer terug te he!
Comment deur boerinballingskap Augustus 13, 2009 @ 1:00 nmDis baie gaaf dat jy terug is.
Comment deur Bertus! Augustus 13, 2009 @ 6:32 nmAmper wou ek sĂȘ Van waar, Gehasi, maar nou het jy darem verduidelik! Welkom terug, dit sal lekker wees om weer gereeld lees of kyk wat jy het om te deel.
Comment deur mykopop Augustus 13, 2009 @ 6:53 nmSo baie het al gekom en gegaan, maar dis altyd lekker om ‘n bekende terug te verwelkom! Hoop jy loop nie gou weer nie
Comment deur Sonkind Augustus 13, 2009 @ 7:39 nmTerug is een ding. Skryf ‘n ander
Maar welkom terug!
Comment deur Emil Augustus 15, 2009 @ 8:09 vmDankie julle, goed om terug te wees, en elkeen van julle te “sien”
. Jaja, waar woorde, Emil!
Comment deur duskant Augustus 16, 2009 @ 9:12 nm