duskant sutherland


Alleenspraak
February 24, 2009, 9:00 nm
Filed under: Gedigte

ek ry verby elim se mense
en ‘n pad soek koers deur my hart
waarlangs ek soms stil kom wag het
- op die jy wat vandag in klippe en mure en koppe
grond en ‘n oukremetartboom
dansend lewendig word -

my hart verdwaal skielik in tye
waar jy nog kon lewe
en jou dagboek word vir ‘n oomblik my kompas
na ‘n tyd, ver ver van hier
maar dis te vaag
en die suggestie van lewe is skielik weer
‘n ster reg bo die soutpansberg

jy is weer weg
‘n laaste lig
in ‘n koue vuur

——–

(Ek verlang na jou)

landscape38


6 Kommentaar sover
Lewer kommentaar

net so pragtig!

Comment deur rosalindfranklin

Sjoe! Pragtige woordkuns.

Comment deur boerinballingskap

Baie mooi…

Comment deur kaalvoetinireen

is mooi.

is dit wie ek dink dit is?

Comment deur Johan Swarts

Nice. Ek weet presies waarvan jy praat (geografies), daai deel van die wêreld, daai pad…dit doen iets aan ‘n mens.

Comment deur henno

Baie mooi man, ek hou veral van die ster bo die Soutpansberg (wat ek terloops nog nie gesien het nie) – laat my weer aan Louis Trichardt dink.

Comment deur mykopop




Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>