Filed under: Gedagtes
Een van my grootste passies is reis. Ek love dit (Suid-Amerika 2009…yeah!).
Hierdie video maak my hartseer, nostalgies, opgewonde en ongeduldig…want daar is so baie om te sien.
Hoe beskryf mens daardie brand in jou wat van jou ‘n perpetuele swerwer en reisiger maak? Waar kom die passie vandaan wat jou hierdie intense geluk gee wanneer jy vuil, moeg maar tevrede na ‘n vreemde sonsopkoms kyk?
En hoe leef jy dit as jou daaglikse roetine jou doodmaak…? Ek dink onwillekeurig aan Robert Herrick se gedig, To the virgins to make much of time , wat ons in matriek deurgeworstel het:
GATHER ye rosebuds while ye may,
Old time is still a-flying :
And this same flower that smiles to-day
To-morrow will be dying.
The glorious lamp of heaven, the sun,
The higher he’s a-getting,
The sooner will his race be run,
And nearer he’s to setting.
That age is best which is the first,
When youth and blood are warmer ;
But being spent, the worse, and worst
Times still succeed the former.
Then be not coy, but use your time,
And while ye may go marry :
For having lost but once your prime
You may for ever tarry.
Hoe verskriklik moet dit wees om die einde van ‘n leeftyd te bereik en onvervuld terug te hunker na verspeelde kanse en onvervulde drome.
Die tyd is nou, moenie wag nie. En moenie huiwer nie. Just do it….

5 Kommentaar sover
Lewer kommentaar
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Ek het so lanklaas hier ingeloer!
Hoe verskriklik moet dit wees om die einde van ‘n leeftyd te bereik en onvervuld terug te hunker na verspeelde kanse en onvervulde drome. HIERDIE WOORDE VAN JOU IS WAAR EN DIT RAAK MY OP ‘N SNAAKSE MANIER AAN, OMDAT …!!
Die tyd is nou, moenie wag nie. En moenie huiwer nie. Just do it…. JUST DO IT!! Dalk moet ek vir ‘n skelmpie gaan soek, want meneer stel nie in my belang nie, te dik te lelik te wit!!
Jammer dat ek amper nou hier oorgeneem het, jy is welkom om hierdie comment te delete!
Comment deur Meermin Oktober 22, 2008 @ 12:05 nmAi Meermin…
My hart het nou gebreek toe ek jou comment lees…en dit het my hele inskrywing vir my nou in oënskou laat neem – dis maklik vir my om hierdie woorde te sê, want ek is jonk en gesond en avontuurlustig en baie goeters.
Maar daar is mense wat ook die ander kant van die lewe moes leer ken…’n kant wat dalk nie so romanties en opwindend is nie – meermale sonder dat hulle dit gekies het, maar meer omdat hulle moès.
Weet asseblief dat jou woorde hierbo (wat ek nooit as te nimmer sal delete nie!) vandag vir my ‘n crucial lewensles kom leer het.
En ek bid dat jy binnekort ‘n nuwe seisoen in jou lewe sal ervaar.
Comment deur duskant Oktober 22, 2008 @ 12:29 nmDuskant ek het net een iemand vertrou – ‘n opregte internet vriend en vir hom het ek alles vertel! Soms laat ek baie dinge deur skemer op my blog, veral die ou inskrywings, dit is maar my uitlaat klep!!
Geniet dit om jonk te wees!!!!
SHARKS!!!!!!!!!
Comment deur meermin Oktober 23, 2008 @ 4:53 vm‘n Baie goeie vriendin het eendag vir my gesê: Dit is tyd, tyd om te vlieg, my vlerke te sprei en my lewe geniet.
Ek hoop daai vriendin onthou die woorde en onthou wat ek vir haar gesê het.
Comment deur Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP Oktober 23, 2008 @ 10:47 vmBaie waar woorde, Wondernet! En baie welkom, hoop ek sien jou gou weer
Comment deur duskant November 6, 2008 @ 8:06 nm