duskant sutherland


Beale Street Blues
Maart 25, 2008, 1:49 nm
Filed under: Kiekies

Memphis…twee dinge wat my verbyster het:

Graceland (eintlik die hele Elvis Presley Boulevard)…een van die beste Museum-komplekse  wat ek al ooit gesien het. Jy hoor Elvis, jy sien Elvis. Jy proe hom en jy ruik hom. Hierdie is Elvis-hartland. En ek is nou ‘n bekeerde Elvis aanhanger…

 img_3375.jpg

Beale Straat. Die broeikas van die Blues en historiese lewende legende. Amptelik het hierdie area letterlik die meeste kreatiewe geeste per vierkante meter…en mens ervaar dit intens. Dis in die lug wat jy inasem en jou hart kom vinnig in ritme met die polsende Blues-beats. Wonderbaarlik.

img_3515.jpg

 Amper tyd om te gaan. But not just yet…