Filed under: Geite

*LET WEL: Hierdie inskrywing bevat sensitiewe taal…want dis ‘n sensitiewe onderwerp.
Dis noual ou nuus: insidente van rassisme wat oorkook tot siedende haat. Johan Nel, tienermoordenaar van etlike swartes. Plaasaanvallers wat blankes as boere martel. Die Vrystaat Universtiteit debakel. Politiek op kampusse. Ensovoorts.Maar ek wil nie enigsins addisioneel oor hierdie en verwante insidente filosofeer nie. Ek wil graag klankbord oor die rassekwessie waar dit die afgelope tyd oor my pad gekom het. My ervarings.
Februarie 2008 – ek was weer baie op die pad en het ek baie tyd in areas in Limpopo, Mpumalanga asook in die Vrystaat spandeer. Ek het ook kontak gehad met geweldig baie mense van verskillende agtergronde. Nouja, die saak op hande ter sprake het daar bykans nie ‘n dag verbygegaan waar ek nie in gegewe gesprekke rasse-haatspraak gehoor het nie. Ek wil graag vier van hierdie gespreksituasies met julle deel.
Deel…soosin woordeliks*:
Situasie 1: Klein dorpie in die Vrystaat – gesprek met APK Kweekskoolstudent (APK-S)
APK-S: Ek het noudiedag amper my kar afgeskryf op een van daardie kaffergrafte.
Ek: Wat’s dit?
APK-S: Man, daardie hobbels wat hulle voor die klein pizza-sirkeltjies in party strate bou. Ons noem dit sommer kaffergrafte. Net jammer hulle begrawe nie rerig van die fokkers onder die goed nie.
APK-S se vriend: Moenie so vloek nie.
APK-S: Ja sorrie. Net jammer hulle begrawe nie rerig van die kaffers onder die goed nie.
Situasie 2: Pretoria – gesprek met familielid en Stellenbosch Universiteitstudent wat in Gauteng kuier (US-S)
US-S: Julle het fokken baie kaffers hier bo.
Ek: Sou dalk beter wees as jy nie so hier praat nie…
US-S: …hoekom nie? Hulle is seker netso kaksleg soos die Xhosa’s en Hotno’s daar by ons.
Ek: Sjoe…
US-S: Neewat. Ek is ‘n rassis grootgemaak en jy kan nie nou van my verwag om hier in Gomorra anders te kom wees nie.
Ek: So as jy in ‘n Bakkery grootgemaak is, is jy ‘n brood?
US-S: Uh, nee. Maar my ma het my geleer dat Hotno’s en Kaffers nie mense is nie. En dis nie Rocket Science nie.
Situasie 3: Limpopo Vallei – gesprek met skatryk wildsplaaseienaar (WPE)
Ek: So, oorweeg julle om dalk te verkoop indien die grondeis nie opgelos word nie?
WPE: Neewat, ek sal eers hier rond wil bly tot kafferjag gewettig word sodat ek die kafferkoppe daar teen my skuur kan hang. Ek sê jou, eendag gaan ek die kaffers hier uitroei, ek sal maar ‘n gat moet bulldoze om die fokken goed in te begrawe.
Situasie 4: Mpumalanga – gesprek met afgetrede Gereformeerde Kerk predikant (GKP)
GKP: So wat sê julle ouens van die aapmense en hulle fossiele? Hoe kan julle dit met die Skepping versoen?
Ek: Ek weet nie, oom. Dis ‘n moeilike een…
GKP: …ek sal jou sê, dis eintlik baie eenvoudig. Daardie aapmense is die kaffers se voorvaders. Jy weet mos die Woord se die Here het die witmens gemaak. Die Satang het die kaffers gemaak. Dis hoekom…want hulle is in elkgeval diere…dis hulle spesie daardie. Kaffers is Duiwels kleintjies…hulle is nie mense nie.
Dit maak my waaragtig siek, fisies siek. En dan wonder ons waaroom rassekwessies altyd oor ons emosies gedrappeer word. Dan kla ons as rassisme aan elkeen van ons kerfstokke opgehang word. En dan durf ons sê dat Apartheid dood is en geen implikasies het op ‘n post-1994 Suid-Afrika nie…Nou, wat het ek hieruit geleer, sou mens seker vra. Ek het geleer dat ons witmense meermale gemaklik houe kan uitdeel, maar dit glad nie kan vat nie. Ek het geleer dat rassisme gekweek word, selfs binne die moederskoot. En ek het geleer dat dit ‘n breinlose dogma is wat teer op argwaan, meerderwaardigheid en onkunde.
Maar ek het ook baie bang geword vir hierdie vesting wat rassisme is. Vir die die haat. Diep haat. Die ‘n brullende leeu wat in elke situasie agter ‘n boom van goed en kwaad wag…wag om te verskeur…om bloed te laat…doodmaakdinge.
Bang vir die brandende vuur van rassisme wat harte, gedagtes en emosies verteer en ‘n verstikkende laag bitterheid agterlaat.
Bang vir die Leeu.
Die Vuur.
En, als oor onkunde…
21 Comments so far
Leave a comment
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
sjoe – dis werklik skrikwkkend om sulke dinge te lees. En dit maak my ook baie bang.
Comment by amanda March 2, 2008 @ 12:29 amDuskant,
Wat bied die nuwe vlag jou?
Kan jou kinders sorgeloos in die straat speel soos van ouds?
Vertrou jy elke aand as jy by die huis kom gaan jou vrou en kroos veilg wees en in die oggend as jy opstaan nog steeds veilig wees in vandag se SA?
Ek stem saam, diegene wat jy hier in gesprek mee omgegaan het is argais, oningelig en ‘n snotklap kort van wakker word.
EK het wel ‘n probleem met die veralgemening.
Kry ‘n swart mens met jou insig en intelektualiteit om die duskant van die storie in te kleur.
Hoeveel moorde op witmense in SA vandag. Wie is die sprrekbuis vir hulle. Hoeveel van daardie moorde was van die rug af.
Hoekom is daar nie ‘n optog vir ‘n onskuldige wit kleuterskool hoof nie en wie tree in die bresse vir haar familie? Waar is die pers? Waar is die teenkantings blog inskrywings soos hierdie een?
Ek dink nie daar is balans en “incentive” daarin om een kant van die storie te deel sonder om die ander helfte te plaas nie….
Comment by Jasper March 2, 2008 @ 1:56 pm100% Jasper. Duskant, die enigste rede hoekom jy nie swart mense hoor praat soos hierdie (vaak) wit mense waarmee jy gepraat het nie, is heel moontlik omdat jy nie hulle (die swart mense) taal verstaan nie. Jammer maar ek dink enige iemand wat dink dat hierdie tipe gesprekke / rassisme net van wit mense se kant af kom, is onkundig.
Comment by Roer March 2, 2008 @ 2:30 pmOmdat swartes ook rassiste is, maak dit wit rassisme aanvaarbaar?
Comment by George Maru March 2, 2008 @ 7:25 pmHi julle, baie dankie vir die opmerkings waarvan elkeen defnitief geldige punte uitlig.
Jasper, die sosiale en maatskaplike kwessies wat ons land lamlê en waarvan jy hier praat maak my ook warm om die hals. Natuurlik sal mens uiters naief wees indien die vlag (hy is nie meer nuut nie – hy is noual ‘n tiener!) vir jou van ‘n welvarende, demokratiese bestel spreek. Maar dis nie waaroor my inskrywing gaan nie en ek dink jy verwar die rassisme kwessie met ‘n groter sosio-politiese vraagstuk.
Alhoewel ek ook de bliksem in is oor die moord waarna jy verwys, is ek nie oortuig dat dit uitsluitlik rasse-gemotiveerd was nie…het jy geweet dat die voorkoms van geweldsmisdaad – en spesifiek moord (met roof as doel) in die Eersterus – Mamelodi – Nalmapius area feitlik dubbel so hoog is as in die oostelike voorstede van Pretoria? En hierdie is swart areas…
Die teendeel is ook waar en ek is daarvan oortuig dat ‘n groot persentasie plaasaanvalle wel polities gemotiveerd is…hoekom? Wel gaan lees weer my inskrywing en die situasies wat ek noem…
Net een en ander oor die skrywe:
Ja, ek kon seker ‘n eerste-klas hoërskoolopstelletjie geskryf het oor rassisme met ‘n mooi inleiding, ‘n goeie agtergrond, objektiewe en al-kantige praktiese toepassingsgevallestudies en ‘n catchy samevatting. Daar is net een probleem…ek sou ‘n groot gedeelte van die al-kantige praktyk moes opmaak en fabriseer. Want, Roer, is dit dan ook so dat ek inderdaad 2 swart tale magtig is (Sepedi en TsiVenda), ek is oog nogal op hoogte van die sosio-kulturele dinamiek in ‘n pre-historiese, historiese en kontemporere Suid-Afrika (en ek sê dit nie om windgat te klink nie, maar omdat hierdie kennis-vaardighede ‘n integrale deel vorm van my beroep).
Maar, jou en Jasper se opmerkings daarby van toepassing, kon ek seker bietjie meer gesê het oor die “geweldig baie mense van verskillende agtergronde” waarmee ek in kontak was. Ek kon seker vertel het van my 2 weke by plaaslike gemeenskappe in die Steelpoortvallei en in Nzhelele (Soutpansberg) waar ek nie een rasseverwante opmerking gehoor het nie. Ek kon dalk ook vertel het van hoe ‘n groep jong swart mans my met hulle lendelam bakkie aangery het Burgesfort toe – en terug – toe my voertuig onklaar geraak het. O ja, en dat hulle vir my ‘n Coke gekoop het omdat ek net my kredietkaart by my gehad het.
Maar dit spreek nie van rassisme nie, so wat sou die doel wees? Dit sou die gesprek in elk geval net meer gepolariseer het…
Ns – Jasper, oor jou opmerking “kry ‘n swart mens met jou insig en intelektualiteit om die duskant van die storie in te kleur” – jy laat dit klink of so ‘n mens maar skaars moet wees. Ek is ook darem nie so slim nie, hoor
.
Comment by duskant March 3, 2008 @ 10:09 am“Maar dis nie waaroor my inskrywing gaan nie en ek dink jy verwar die rassisme kwessie met ‘n groter sosio-politiese vraagstuk.”
My comment van gister is presies oor hierdie kwessie. Daar is geen verwarring nie Duskant. Die stelling wat ek probeer maak het is dat die “rassisme kwessie” vererger raak deur die sogenaamde sosio-politiese vraagstuk. Ons kom uit ‘n geskiedenis van rassisme wat deesdae amper net so erg raak soos misdaad en hoekom?
Ek het gevra dat ‘n swart intelektueel die prentjie moet inkleur van die ander kant af. Nie om die stand van rasse haat onder “swartes teenoor wittes” te bewerkstellig nie. As ek dit wou doen sou ek nie die Waterkloof moord as voorbeeld gebruik het nie. Dis nie ‘n vaktotem om beeld uit te dra nie. Dit is realiteit dat ‘n gebrekkige swart leierskap en die gevolge van hulle tekortkominge in SA help om rassehaat te kweek. Daarom die ertjie onder my matras.
Veralgemening oor wit rassiste grief my net soveel soos die onteiening van die oorsprong. Geweld kweek haat. Nie andersom nie. Dit is niks nuut nie. Kom ons noem dit die “bane of Africa”. Van die Potgieter Manuskrip uit die 1800’s (Plaasmoorde en veediefstal – swartes se moorde op wit boere) tot die Mau Mau opstand en geweld aan die voete van Kilamajaro in die 60’s (swart teen swart). Wit sowel as swart is vermoor. 90’s Rwanda….. (Swart teen swart – oor ‘n kwessie van grond en weiding oor ‘n periode gegroei)
As iemand my vrou verkrag en vermoor gaan ek nie liefies met hom wees nie. Maar laat hy nou swart wees en ek is onstabiel genoeg om vergelding buite die wet te soek? Wat maak dit my?
Ek is ook heeltemal bewus van misdaad statistieke onder swart buurte in SA al neem my werk my regoor die wereld. Ek is darm nie heeltemal oningelig nie
Ek is ook bewus van die psigologiese effek op ‘n swart gemeenskap wat onder die geweld en misdaad gebuk gaan. Ons kan nie daarby verby kyk nie, en ja, as witmens is ons geneig om dit te doen.
Vir my was jou inskrywing oopkop en op die punt af, maar gepraat van polarisering, Dit is hoe ek dit ondervind het…..
Comment by Jasper March 3, 2008 @ 4:18 pmThanks weer vir die comment, Jasper…nou beginne ons lekker gesels…ons moes eintlik nou ‘n bosveldvuurtjie en ‘n paar biere gehad het…Demmit ek het vrekken een-duisend-en-een dinge om te doen so ek is binnekort terug by jou en hierdie topiek.
Comment by duskant March 3, 2008 @ 5:14 pmHaat kweek haat. Ja, dis bad vir ons witmense,maar as mens dink dat Jan van Riebeeck en sy buddies by elke vergadering wat hul gehad het, ‘n gebed gelees het waarin hulle verklaar dat hul roeping is om God te verkondig aan Donker Afrika, en ons kyk na waar die Europeër vandag staan, dan moet ons aanvaar dat iewers langs die pad die witman besluit het hyself is belangriker as God, en Afrika sal voor hóm buig, nie voor God nie. God se seën het gelig. En die witman moet terugkeer na God toe, nee, nie na die flippen KERK toe nie (soms gaan jy VÊR soek na God in die kerk) en vir ‘n slag vergifnis vra vir ons voorvaders én ons eie sondes. Dán sal jy dalk iets anders in Suid-Afrika sien. Wat bied die nuwe vlag ons? Wel, die ou vlag het my niks gebied nie. Ek sal nie lewe en sterwe vir ‘n land nie. Wel vir my God. Dis dalk omdat ons witte nasie so graag verklaar het dat hul sal lewe en sterwe vir ‘n stuk grond, en dit bo God gestel het, dat Hy gesê het, oh well, you’ve made your choice…
Comment by Trespodidas March 3, 2008 @ 5:44 pmDis maar net my siening.
Trespodidas,
Jy hoef nie apologeties te wees oor jou siening nie. Dis immers jou opinie.
Kom ons kyk waar Duskant met die gesprek heengaan, want hierdie is defnitief ‘n “topiek” werd vir ‘n bosveld vuurtjie en ‘n koue braffie…
Comment by Jasper March 3, 2008 @ 6:19 pmJy’s ‘n decent ou, Jasper. Ai, as daar nou maar ‘n bosveldvuurtjie was,né…
Comment by Trespodidas March 4, 2008 @ 3:54 amGood grief, is dit ‘n dominee se siening daai?
Comment by Johan Swarts March 4, 2008 @ 4:56 pmUhm, nee Johan. My eie. Uit wat ek in d Bybel lees oor God se beloftes en seën…
Comment by Trespodidas March 4, 2008 @ 6:00 pmOu Duskant
Daar bewoord Jasper en Roer toe so na mekaar my menings, daarom net die ‘hallo’.
Comment by skoor March 5, 2008 @ 6:37 amOk, ek is terug.
(Trespodidas, um ek dink Johan het verwys na die opmerking in my skrywe deur die Greformeerde Dominee).
Jasper,
“Ons kom uit ‘n geskiedenis van rassisme wat deesdae amper net so erg raak soos misdaad en hoekom?”…om hierdie vraag te beantwoord wil ek saamstem met trespodidas in seker van haar opmerkings. Natuurlik sal die sosio-politiek rassisme vererger…maar ek is nie oortuig daarvan dat ‘n Utopiese Suid-Afrika noodwendig ‘n nie-rassistiese samelewing sou verseker nie. Wat ek eintlik sê is…daar is iewers ‘n diep wortel, ‘n vesting…sou jy wou, van rassehaat binne baie blankes. NEE, ek sê nie dat die nie die geval met baie swartes is nie. En NEE, ek sê nie dat alle blankes rassiste is nie. EK Sê DAT EK ONGELUKKIG HIERDIE VREESLIK-GEPOLARISEERDE KWESSIE IN DIE PRAKTYK ERVAAR HET DIE AFGELOPE TYD. En so het ek dit neergeskryf. Ek gaan nie om verskoning vra omdat ek ‘n ongebalanseerd -en gepolariseerde beeld geskep het nie want ek het ‘n nie-gebalanseerde beeld ERVAAR. That’s it.
Ek dink ook trespodidas maak ‘n baie geldige punt. Geweld kweek nie (in beginsel) haat nie. Haat kweek haat. En ek is oortuig daarvan dat daar ‘n diep oorsprong van haat binne die swart man teenoor die wit man bestaan…die gevolg van baie jare se rassisme. You reap what you sow. Die wiel draai. Hoe sleg ‘n realiteit dit ookal is…dis een van die mees basiese natuurreels. Sad but true.
My oupa was ‘n sending predikant en hy het woes swaar gekry in die Apartheidsjare. Hy het ‘n ongelooflike hart vir die swart en bruinmense gehad en was onverskrokke in sy geloof. Ek laat julle met ‘n (profetiese?) opmerking wat hy eendag teenoor my ma (toe ‘n tiener) gemaak het oor die beleid van die dag:
“Nie julle nie, maar julle kinders, en julle kinds-kinders gaan die vrugte pluk van die onregte wat hier gedoen word aan mense.”
Comment by duskant March 5, 2008 @ 7:21 amHello Skoor! Hoe is jy so stil
.
Comment by duskant March 5, 2008 @ 8:27 amJaar-einde my vriend. Maar dit is nie te se ek lees nie blogs nie! Dis net dat die kop nie altyd woorde kan orden vir die vingers om neer te sit nie, en bla-bla-bla wil jy tog nie hoor nie.
Smiles!
Comment by Skoor March 5, 2008 @ 1:44 pmdankie, duskant. jy verwoord my eie desperaatheid – ook in jou reaksies op die kommentare.
Comment by maeree March 6, 2008 @ 12:57 pmek wonder dikwels: as ons almal net ingee aan ons eie (hatige) vooroordele, waar gaan ons eindig? so ek sal maar voortstry teen my eie sondige natuur.
Duskant,
Comment by Jasper March 6, 2008 @ 6:20 pmWel deurdagte antwoord
Ek gaan net op een punt met jou verskil. Haat kweek haat is maak nie sin nie.
Haat het ‘n oorsprong
Ek stem saam met Trespodidas: “Haat kweek haat.” Daar is ‘n engelse woord, “causality”, in kort beteken die woord, “cause and effect”. “Ek haat jou want jy haat my. Jy maak my seer so ek maak jou seer ens…” Rasisme sal nooit verdwyn nie, dis realiteid en dis die waarheid. Maar dink net wat sal gebeur as een van die twee rasse(wit of swart) sal “submit”. Nie ingee nie, net “submit” Om geensins ENIGE vorm van haat terug te gooi na die ander ras toe nie.
Comment by Steven September 20, 2008 @ 9:51 amLaas toe ek gekyk het, was daar meer as een “rasse”.
Comment by Johan Swarts September 20, 2008 @ 5:24 pmEk sekondeer, Johan! Daar bestaan nie so iets soos ‘n “wit ras” en ‘n “swart ras nie”.
Comment by duskant September 22, 2008 @ 10:11 am