Filed under: Geite

*LET WEL: Hierdie inskrywing bevat sensitiewe taal…want dis ‘n sensitiewe onderwerp.
Dis noual ou nuus: insidente van rassisme wat oorkook tot siedende haat. Johan Nel, tienermoordenaar van etlike swartes. Plaasaanvallers wat blankes as boere martel. Die Vrystaat Universtiteit debakel. Politiek op kampusse. Ensovoorts.Maar ek wil nie enigsins addisioneel oor hierdie en verwante insidente filosofeer nie. Ek wil graag klankbord oor die rassekwessie waar dit die afgelope tyd oor my pad gekom het. My ervarings.
Februarie 2008 – ek was weer baie op die pad en het ek baie tyd in areas in Limpopo, Mpumalanga asook in die Vrystaat spandeer. Ek het ook kontak gehad met geweldig baie mense van verskillende agtergronde. Nouja, die saak op hande ter sprake het daar bykans nie ‘n dag verbygegaan waar ek nie in gegewe gesprekke rasse-haatspraak gehoor het nie. Ek wil graag vier van hierdie gespreksituasies met julle deel.
Deel…soosin woordeliks*:
Situasie 1: Klein dorpie in die Vrystaat – gesprek met APK Kweekskoolstudent (APK-S)
APK-S: Ek het noudiedag amper my kar afgeskryf op een van daardie kaffergrafte.
Ek: Wat’s dit?
APK-S: Man, daardie hobbels wat hulle voor die klein pizza-sirkeltjies in party strate bou. Ons noem dit sommer kaffergrafte. Net jammer hulle begrawe nie rerig van die fokkers onder die goed nie.
APK-S se vriend: Moenie so vloek nie.
APK-S: Ja sorrie. Net jammer hulle begrawe nie rerig van die kaffers onder die goed nie.
Situasie 2: Pretoria – gesprek met familielid en Stellenbosch Universiteitstudent wat in Gauteng kuier (US-S)
US-S: Julle het fokken baie kaffers hier bo.
Ek: Sou dalk beter wees as jy nie so hier praat nie…
US-S: …hoekom nie? Hulle is seker netso kaksleg soos die Xhosa’s en Hotno’s daar by ons.
Ek: Sjoe…
US-S: Neewat. Ek is ‘n rassis grootgemaak en jy kan nie nou van my verwag om hier in Gomorra anders te kom wees nie.
Ek: So as jy in ‘n Bakkery grootgemaak is, is jy ‘n brood?
US-S: Uh, nee. Maar my ma het my geleer dat Hotno’s en Kaffers nie mense is nie. En dis nie Rocket Science nie.
Situasie 3: Limpopo Vallei – gesprek met skatryk wildsplaaseienaar (WPE)
Ek: So, oorweeg julle om dalk te verkoop indien die grondeis nie opgelos word nie?
WPE: Neewat, ek sal eers hier rond wil bly tot kafferjag gewettig word sodat ek die kafferkoppe daar teen my skuur kan hang. Ek sê jou, eendag gaan ek die kaffers hier uitroei, ek sal maar ‘n gat moet bulldoze om die fokken goed in te begrawe.
Situasie 4: Mpumalanga – gesprek met afgetrede Gereformeerde Kerk predikant (GKP)
GKP: So wat sê julle ouens van die aapmense en hulle fossiele? Hoe kan julle dit met die Skepping versoen?
Ek: Ek weet nie, oom. Dis ‘n moeilike een…
GKP: …ek sal jou sê, dis eintlik baie eenvoudig. Daardie aapmense is die kaffers se voorvaders. Jy weet mos die Woord se die Here het die witmens gemaak. Die Satang het die kaffers gemaak. Dis hoekom…want hulle is in elkgeval diere…dis hulle spesie daardie. Kaffers is Duiwels kleintjies…hulle is nie mense nie.
Dit maak my waaragtig siek, fisies siek. En dan wonder ons waaroom rassekwessies altyd oor ons emosies gedrappeer word. Dan kla ons as rassisme aan elkeen van ons kerfstokke opgehang word. En dan durf ons sê dat Apartheid dood is en geen implikasies het op ‘n post-1994 Suid-Afrika nie…Nou, wat het ek hieruit geleer, sou mens seker vra. Ek het geleer dat ons witmense meermale gemaklik houe kan uitdeel, maar dit glad nie kan vat nie. Ek het geleer dat rassisme gekweek word, selfs binne die moederskoot. En ek het geleer dat dit ‘n breinlose dogma is wat teer op argwaan, meerderwaardigheid en onkunde.
Maar ek het ook baie bang geword vir hierdie vesting wat rassisme is. Vir die die haat. Diep haat. Die ‘n brullende leeu wat in elke situasie agter ‘n boom van goed en kwaad wag…wag om te verskeur…om bloed te laat…doodmaakdinge.
Bang vir die brandende vuur van rassisme wat harte, gedagtes en emosies verteer en ‘n verstikkende laag bitterheid agterlaat.
Bang vir die Leeu.
Die Vuur.
En, als oor onkunde…