duskant sutherland


‘n Eerste hoedveer
February 21, 2008, 8:10 nm
Filed under: Goeters

Baie dankie Boegie dat jy my jou Blog van die Week gemaak het.

Ek voel waarlik geëerd!



Sommer…
February 17, 2008, 7:29 nm
Filed under: Gedagtes

nothinwrong1.jpg

Ek weet dis holrug-gespeel…
Ek weet dis nie klassiek Greenday nie…
Maar ek voel vanaand so…

Sommer.

Summer has come and passed.
The innocent can never last
wake me up when september ends.

Like my father’s come to pass
seven years has gone so fast
wake me up when september ends.

Here comes the rain again
falling from the stars.
Drenched in my pain again
becoming who we are.

As my memory rests
but never forgets what I lost
wake me up when september ends.

Summer has come and passed
the innocent can never last
wake me up when september ends…



Kampuskinders.
February 13, 2008, 4:34 nm
Filed under: Gedagtes

selpic_001.jpg

Ek neem hierdie selfoonfoto vanmiddag op Tukkies se hoofkampus.
Dit het my ontstel. Nogals…



Die dag as bliksem jou geoorloof is…
February 11, 2008, 12:37 nm
Filed under: Geite

Ek dog nog ek steek die draak met die Els-gesin wat sak en pak oppad is Nieu-Seeland toe…toe bars die volgende bom…nodeloos om te sê, in die Stem van die Volk:

Robbie Klay ’n ‘seksspeelding’ 
Robbie Klay (21), jong hartebreker-sanger en akteur, was as kind sewe jaar lank die “seksspeelding” van een van die bekendste mans in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld. Klay, wat verskeie CD’s op die winkelrakke het en die rol van die skoolseun Buks in die TV-reekse Amalia en Amalia 2 vertolk het, het die naweek gesê hy wil eksklusief met Beeld oor sy “sekshel” praat om “ander kinders wat iets soortgelyks deurmaak, aan te moedig om dadelik daaroor te praat met iemand wat hulle kan vertrou”. Hy was tien jaar oud toe die seksdade begin het, wat “orale seks, masturbasie tot drie keer per dag, pornografie en naakvideo’s” van hom (Klay) ingesluit het. Klay verwys na die man as “die oom”…[  ]…”Ek moet eerlik wees – ek wens ek kan net, noudat ek volwasse is, één kans kry om die oom te bliksem. Ek sal sy nek breek…[  ]…Ek het nie geweet hoe om dit te stop nie. Ek het steeds stilgebly, want ek was bang. Ek was bang my musiekloopbaan ly daaronder, want die oom het baie mag in die vermaaklikheidsbedryf…”

Verskeie ingeligtes (en netsoveel oningeligtes) verbind onse blouoog-minnesanger direk met hierdie siek besigheid. Nouja, ek is eintlik nie eens lus om enigsins verder hieroor te gesels nie…mens moet seker wag tot hierdie rokie se vuurtjie brand (wat so teen môremiddag behoort te gebeur)…

Ek wil wel sommer vir Robbie self ietsie sê:
Ou maat, luister nou mooi en sekuur. Vat daardie twee gym-vuiste van jou en gaan bliksem die wit-waks uit die “oom” uit. Bliksem hom vir elke keer wat hy sy sif fantasieë op jou afgedwing het. Bliksem hom vir elke keer wat hy ‘n laaitie wat nog met karretjies moes speel gedwing het om met hom te speel. Bliksem hom dat hy weet hoe seer jy gekry het…Bliksem en bliksem hard…laat dit tel, wys hom dat dit nie weer sal gebeur nie. Nooit weer nie.

(Trek net eers surgical gloves aan…)



Super 14 Bepalings vir 2008!
February 10, 2008, 8:01 nm
Filed under: Goeters

 

Datum Span 1   Span 2 Begin* Plek Telling

Week Een
15 Feb Crusaders t Brumbies 19.35 Christchurch -
15 Feb Reds t Highlanders 19.05 Brisbane -
15 Feb Sharks t Western Force 19.10 Durban -
16 Feb Blues t Chiefs 19.35 Auckland -
16 Feb Waratahs t Hurricanes 19.40 Sydney -
16 Feb Stormers t Bulls 17.00 Kaapstad -
16 Feb Cheetahs t Lions 19.05 Bloemfontein -
 

Week Twee
22 Feb Hurricanes t Reds 19.35 Wellington -
22 Feb Cheetahs t Western Force 18.00 Bloemfontein -
22 Feb Bulls t Crusaders 20.05 Pretoria -
23 Feb Chiefs t Waratahs 19.35 Hamilton -
23 Feb Brumbies t Highlanders 19.40 Canberra -
23 Feb Sharks t Stormers 17.00 Durban -
23 Feb Lions t Blues 19.05 Johannesburg -
 

Week Drie
29 Feb Hurricanes t Chiefs 19.35 Wellington -
29 Feb Lions t Western Force 18.30 Johannesburg -
29 Feb Stormer t Crusaders 20.35 Kaapstad -
1 Maart Highlanders t Waratahs 19.35 Dunedin -
1 Maart Brumbies t Reds 19.40 Canberra -
1 Maart Cheetahs t Blues 17.00 Bloemfontein -
1 Maart Bulls t Sharks 19.05 Pretoria -
 

Week Vier
7 Maart Highlanders t Hurricanes 19.35 Dunedin -
7 Maart Waratahs t Brumbies 19.40 Sydney -
7 Maart Bulls t Lions 19.05 Pretoria -
8 Maart Chiefs t Cheetahs 19.35 Hamilton -
8 Maart Reds t Stormers 19.05 Brisbane -
8 Maart Sharks t Blues 19.10 Durban -
9 Maart Western Force t Crusaders 17.10 Perth -
 

Week Vyf
14 Maart Chiefs t Stormers 19.35 Hamilton -
14 Maart Brumbies t Hurricanes 19.40 Canberra -
15 Maart Blues t Western Force 17.30 North Harbour -
15 Maart Crusaders t Cheetahs 19.35 Christchurch -
15 Maart Reds t Bulls 19.05 Brisbane -
15 Maart Lions t Sharks 17.00 Johannesburg -
 

Week Ses
21 Maart Crusaders t Waratahs 19.35 Christchurch -
21 Maart Brumbies t Cheetahs 19.40 Canberra -
22 Maart Highlanders t Western Force 14.30 Queenstown -
22 Maart Blues t Stormers 17.30 Auckland -
22 Maart Chiefs t Bulls 19.35 Rotorua -
22 Maart Lions t Reds 17.00 Johannesburg -
 

Week Sewe
28 Maart Hurricanes t Crusaders 19.35 Wellington -
28 Maart Waratahs t Cheetahs 19.40 Sydney -
28 Maart Western Force t Stormers 20.00 Perth -
29 Maart Chiefs t Highlanders 17.30 Hamilton -
29 Maart Blues t Bulls 19.35 Auckland -
29 Maart Sharks t Reds 17.00 Durban -
 

Week Agt
4 April Highlanders t Lions 19.35 Dunedin -
4 April Brumbies t Chiefs 19.40 Canberra -
4 April Western Force t Bulls 19.45 Perth -
5 April Hurricanes t Sharks 19.35 Wellington -
5 April Waratahs t Blues 19.40 Sydney -
5 April Cheetahs t Reds 17.00 Bloemfontein -
 

Week Nege
11 April Highlanders t Sharks 19.35 Dunedin -
12 April Crusaders t Lions 17.30 Christchurch -
12 April Blues t Brumbies 19.35 Auckland -
12 April Western Force t Waratahs 19.05 Perth -
12 April Stormer t Cheetahs 15.00 Kaapstad -
12 April Bulls t Hurricanes 17.05 Pretoria -
 

Week Tien
18 April Chiefs t Crusaders 19.35 Hamilton -
18 April Reds t Western Force 19.40 Brisbane -
19 April Waratahs t Lions 17.30 Sydney -
19 April Brumbies t Sharks 19.40 Canberra -
19 April Bulls t Highlanders 15.00 Pretoria -
19 April Stormers t Hurricanes 17.05 Kaapstad -
 

Week Elf
25 April Crusaders t Blues 19.35 Christchurch -
25 April Brumbies t Lions 19.40 Canberra -
26 April Chiefs t Reds 19.35 Hamilton -
26 April Waratahs t Sharks 19.40 Sydney -
26 April Cheetahs t Hurricanes 15.00 Kimberley -
26 April Stormers t Highlanders 17.05 Kaapstad -
 

Week Twaalf
2 Mei Crusaders t Sharks 19.35 Christchurch -
2 Mei Reds t Blues 19.40 Brisbane -
2 Mei Cheetahs t Highlanders 19.10 Bloemfontein -
3 Mei Hurricanes t Lions 19.35 Wellington -
3 Mei Western Force t Chiefs 17.40 Perth -
3 Mei Bulls t Waratahs 15.00 Pretoria -
3 Mei Stormers t Brumbies 17.05 Kaapstad -
 

Week Dertien
9 Mei Hurricanes t Western Force 19.35 Wellington -
9 Mei Bulls t Brumbies 19.10 Pretoria -
10 Mei Highlanders t Blues 19.35 Dunedin -
10 Mei Reds t Crusaders 19.40 Brisbane -
10 Mei Sharks t Cheetahs 15.00 Durban -
10 Mei Lions t Chiefs 17.05 Johannesburg -
10 Mei Stormers t Waratahs 19.10 Kaapstad -
 

Week Veertien
16 Mei Blues t Hurricanes 19.35 Auckland -
16 Mei Western Force t Brumbies 19.05 Perth -
17 Mei Crusaders t Highlanders 19.35 Christchurch -
17 Mei Reds t Waratahs 19.40 Brisbane -
17 Mei Lions t Stormers 15.00 Johannesburg -
17 Mei Cheetahs t Bulls 17.05 Bloemfontein -
17 Mei Sharks t Chiefs 19.10 Durban -
Halfeindronde
23 Mei 1ste t 4de - - -
24 Mei 2de t 3de - - -
Eindstryd
31 Mei - t
- -

 Ek kan nie wag nie!



Baanbreker Joernalistiek
February 10, 2008, 7:11 nm
Filed under: Geite

Ek lees vanmiddag die volgende berig in…wag daarvoor…jip, die Griffel van die Volk se Sondagsuster...

Sunette Bridges sê haar kêrel per e-pos af

Sunette Bridges se kêrel van die afgelope twee jaar, Tommy Lawson, sit op straat nadat die 37-jarige sangeres hul verhouding per e-pos beëindig het. Nadat sy die e-pos gestuur het, het Bridges beslag gelê op die bakkie wat haar gewese kêrel vir sake gebruik. Sy het ook Lawson se selfoonkontrak beëindig. Die paartjie se groot uitval was in Januarie, toe Lawson in Durban by die krieketwedstryd tussen die Proteas en die Windies opgetree het.

Dié twee het begin uitgaan nadat Bridges se vorige verloofde, Skip van Jaarsveld, haar ’n maand voor hul troue gelos het. Ironies genoeg het Van Jaarsveld, wat intussen verlede naweek getrou het, haar per SMS afgesê. Sy het hom sedertdien vir troubreuk gedagvaar. Die saak kom aanstaande maand voor die hof. Kort nadat Van Jaarsveld hul verlowing verbreek het, het sy en Lawson saam ingetrek.

“My hart is gebreek,” sê hy. “Ek kan nie glo dat sy dit aan my gedoen het nie. Sy het my daarvan beskuldig dat ek selfsugtig is, maar dit? Ek het haar kinders soos my eie grootgemaak.” Bridges het gister aan Rapport gesê: “Hy is ’n wonderlike, talentvolle mens en ek wens hom regtig sterkte toe.”

Herinner my netgou weer…in ‘n wêreld van seer en swaarkry…in ‘n Suid-Afrika waar korrupsie, rassisme en wantroue hoogty vier is Sunette Bridges voorblad-nuuswaardig…

HOE…!!!????!!!



Grap #7
February 9, 2008, 4:40 nm
Filed under: Grappe

‘n Nuwe fliek oor die Groot Meesters word beplan. Steven Spielberg begin akteurs soek en hy bel rond. Eerste praat hy met Antonio Banderas en vra vir hom of hy Beethoven sal speel. Dan skakel hy vir Matt Damon en vra of hy Mozart sal speel.

Later praat hy met Arnold Schwarzenegger en vra vir hom of hy Vivaldi sal speel. Arnie antwoord:

“No…I’ll be Bach..”

bach_arnie.jpg



Jou Onbaatsugtige Ontnugtering…vir Liefdadigheid
February 9, 2008, 10:33 vm
Filed under: Geite

JOOL.

Kies ek toe ouder-gewoonte gisteraand koers na die Universiteit van Pretoria se Joolplaas vir die jaarlikse makietie daar. Terwyl ek so tussen uitbundige studente parkeerplek soek maak ek sommer so bietjie somme in my kop. My 5de Jool.
Maskas…

Ek maak aanstaltes in die rigting van die geraas en kort voor lank, biertjie in die hand, luister ons na die polsende klanke van Tidal Waves. Onwillekeurig dink ek aan 2003 toe hulle ook by die Joolkonsert gespeel het. En by 2004 by Oppikoppi. En Tings ‘n Times 2006….
En net daar, tussen mooi 1e jaar meisies, dronk landboustudente en die vrank reuk van alkohol boender ‘n verskriklike besef my tussen blaaie…

Ek is nou grootmens.

Ek kyk om my – baie van hierdie studente was op laerskool toe ek as eerstejaartjie in die mosh pit rondgespring het. Baie van hulle sal nooit – soos ek met my eerste Jool – die klanke van Sugardrive, Die Bushrock Band, Jack Hammer en Not my Dog ken nie. My hart klop vinniger…die plastiek bierglas raak sweterig in my hande…gedagtes flits deur my kop…:

…gaan ek ook nou blokkieshemde moet begin dra?
…gaan ek ook nou by Coquis Mansuitrusters begin klere koop?
…gaan ek ook nou Vrydag-aande inbly om Noot vir Noot te kyk?
…gaan ek ook nou Tings’ en Hatfield moet verruil vir News Cafe en Greenfields?
…gaan ek ook nou na Juanita du Plessis en Matthys Roets begin luister?
…gaan ek ook nou vir ‘n pensioenfonds betaal?
…gaan ek nou min-of-meer beskaafd moet wees…?

Ek dink nie ek is reg om Grootmens te wees nie…

dsc001_edit.jpg


Frekwensie.
February 9, 2008, 10:01 vm
Filed under: Gedigte

jy sien, die probleem is 

soveel keer as ons [dans]
en ek skoffel-skoffel twee-stap
- die ritme my als -
maak jou voete ‘n wals

voete.jpg



SaterTAG-oggend
February 9, 2008, 9:03 vm
Filed under: Goeters

More mense. Jammer (veral vir skoor ;-) ) vir die kort afwesigheid…deur ‘n week van navorsing, vraestelle, Tramazzini’s, gym, Tafel Lager en VSA toerplanne het duskant sutherland so bietjie sonder baas gesit – of soes ons nou ve-naam in darie geweste praat, anie agterste speen gesuie. En ek verneem so in my afwesigheid dat die buurmanne -en vroue woelerig was…veral met die TAG’ery.

Nouja, laat ek sommer begin met die “my gunsteling skrifsels” (mykopop daarin toe) waarin ek skakels verskaf na my gunstelinginskrywings op my blog. Daarna sal ek gesels oor daardie geite wat my soms blase skuur (jasper, joune…).

Goed, my gunsteling skrifsels (in geen spesifieke volgorde nie):

http://duskant.wordpress.com/2007/10/25/treine-en-gedagtes/
- ek voel baie selfbewus oor my prosa-vaardighede maar hier kon ek net sommer onthou, en skryf…

http://duskant.wordpress.com/2007/11/14/boerebar-blues/
- omdat ek hier verlang na die beste tyd van my lewe.

http://duskant.wordpress.com/2007/11/08/afrikaans-die-mooiste-mooiste-taal/
- twee woorde: Johan (Swarts) en ponkie-ponkie. Need I say more…

http://duskant.wordpress.com/2007/11/02/dood-inc/
- my manier gewees om te deal met die dood van ‘n vriend.

http://duskant.wordpress.com/2007/12/15/arton-villa-se-geraamtes/
- een van daardie ervarings wat mens bybly. En ek’s mal oor BMRO se musiek.

http://duskant.wordpress.com/2008/01/15/waarom-blog-outobiografie-van-n-weblog-1/
- sommer net lekker gewees om dit te skryf en so bietjie oor blogs rond te lees.

http://duskant.wordpress.com/2008/01/21/ignorance-is-bliss/ en http://duskant.wordpress.com/2008/01/23/ongetiteld-2/ so saam saam….
- want dit is lekker foto’s en dit is ‘n mooi gedig…

duskant.jpg

Regso, laat ek dan onverwyld voortgaan om, op Jasper se aandrang, 10 dinge te noem wat my omkrap/ kwaadmaak (in spesifieke volgorde…):

0 – (LAAT BYVOEGING)  MO die *&*$% Vodacom Meerkat.
1- Mense wat met oortuiging en outoriteit van dinge praat waarvan hulle nie veel weet nie…oh man…dit kan my teen die mure uit dryf.
2 – Mense wat argumenteer en debatteer oor twak…gewoonlik net om te “sh*t-stir”.
3 – Gemaksug.
4 – Oningeligde mense wat dan ooreenkomstig “opinionated” en “judgemental” is.
5 – Windgatgeit.
6 – Geniepsige mense wat so suutjies-poeperig beledig.
7 – Taxi’s.
8 – Snobisme (met ‘n akuutaksent op akademiese snobisme…mense wat uit gewoonte taal so besig dat niemand hulle kan verstaan nie, irriteer my geweldig).
9 – Kar Probleme.
10 – Die Paris Hilton-fenomeen

Ek tag sommer twee van die Senior Bloggers onder ons, my ou vrind Boer en Johan (ponkie-ponkie) Swarts.




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.