duskant sutherland


Die skrikwekkende 70’s…
Januarie 30, 2008, 1:10 nm
Filed under: Goeters

Ek kom vroeër af op hierdie CD omslae wat dateer uit die laat 70’s en vroeg 80’s.
Skrikwekkend…

cover1.jpg

cover2.jpg

cover3.jpg



Gedig teen Laatte
Januarie 30, 2008, 12:48 nm
Filed under: Gedigte

By die gloeiende vuur van gister
het ek laataand gesit, leegdenkend
het ek gevoel hoe die suiderkruis my verbysteek
op sy ewige reis tot by die swart.

Op ‘n onbewaakte oomblik by die koue vlamme
het jy my weer kom haal
-die teenwoordigheid van ‘n gestorwene-
het jy die lewe uit my gevee.

Laataand terwyl die sterre begin reën
het my lyk styf geword by die reste van die hout
was die asem wat jy my eens gegee het
so ver soos die verste supernova.

Ek het getreur oor die dood en die koue
dat dit jy moes wees wat die Bloed sou stort.

My weer ‘n lyk sou maak.

En voor die eerste Hadedas begin raas is ek weg.

Naskrif.

Ek reis die Pan American Highway
die pad van die dood.
Ek’s die gees wat gebreekte karre regmaak
as die son vir laas op die horison hartseer raak.
En die eensame skadu wat kinders troos
as die pad te lank was…

hand_skets2.jpg