duskant sutherland


Grap…
Januarie 8, 2008, 7:11 vm
Filed under: Goeters, Grappe

akkedisse.jpg



Soen my gluteus maximus…
Januarie 8, 2008, 7:02 vm
Filed under: Geite

 soen.jpg

Mensig, wat gaan tog van onse mensdom word…Verbeel jou…’n wet teen Ponkie-Ponkie*. 

Mens kan nog saamleef met ’n Rookwet, ’n Drankwet of dalk eendag ’n HIV-Stortwet. Selfs die Ontugwet van destyds-jare lyk nou soos ‘n melkskommel teen hierdie knewel van ‘n hardekool.
Maar wag, sonder verdere verwyl oor na die Griffel van die Volk (aka Die Beeld…): 

Tieners soen uit protes teen nuwe wet
“Dié nuwe wet is absolute bog. Ek is 17, maar wens ek het ’n 15-jarige gehad om dit spesiaal te verbreek.” Só lui een van die boodskappe wat die afgelope week op die sosiale netwerk www. facebook.com aangebring is nadat massas tieners plaaslik in opstand gekom het oor nuwe wetgewing wat sedert Desember dit vir tieners jonger as 16 onwettig maak om in die openbaar te soen of lieftallig te wees. Verskeie groepe teen dié wet is op die webwerf gestig, waarvan die mees gewildste groep, “Everyone against the New Kissing Law”, reeds teen gistermiddag op 14 609 lede gestaan het, met ondersteuners van oor die wêreld. Dié groep het daartoe gelei dat tieners eergister op winkelsentrums in Kaapstad, Johannesburg en Centurion toegesak het om hul misnoeë teen die wet in die openbaar te wys deur mekaar te soen of drukkies te gee….Terwyl die wet ingestel is om glo te help in die bestryding van seksuele misdrywe, MIV/vigs en vroeë swangerskappe, is daar nog nie ’n vasgestelde straf vir die jong oortreders nie.”

(Laat my dink aan die grappie wat hulle vertel oor die Hervormde Kerk -waaroor daar alwewig oor ‘n ongeoorloofde dansery gespot word: Hoekom, sê die Hervormde Kerk, is seks voor die huwelik sonde? Want dit mag dalk lei tot dans…)

Nouja, mense, ons moet saamstaan(soen) in hierdie fel stryd. Dis tyd vir protes.
En daar is ek nounie onwillig om aan deel te neem nie…

*Erkenning aan Johan Swarts vir daardie juweeltjie.