duskant sutherland


Om by die begin te beginne…
Junie 8, 2007, 12:57 nm
Filed under: Goeters

Hi daar!

Hier is my BLOG oor gedagtes, gedigte en ander dinge wat mooi en lekker is in Afrikaans. Julle mag vra, waarom “Duskant Sutherland’. Wel, ons het ‘n familieplaas daar duskant die Sterrewag en my hart loop daar tussen die bossies rond! ‘n Groot gedeelte van my leef daar en van kleins af het ek al geweet, dis my wereld.

Maar duskant Sutherland le daar ook gedagtes en mooi woorde wat ek graag met julle deel…

Nouja, ek het dit goed gedink om hierdie BLOG te begin met ‘n oulike spotprent wat in die Van Wyk Louw-Huis op Sutherland te siene is. Hier skerts die legende T.O Honiball met die Groot Koue wat Sutherland in 1970 (en, wel, elke jaar daarvoor en daarna) getref het.

Groetnis.


1 Kommentaar sover
Lewer kommentaar

[...] braai if I want to… Op 8 Junie 2007 het duskant sutherland ‘n nederige begin met hierdie inskrywing [...]

Pingback deur 1 Jaar: It’s my party and I can braai if I want to… « duskant sutherland




Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>