duskant sutherland


Die Boek se Afrikaanse tande (al porrende)
March 11, 2009, 9:00 am
Filed under: Goeters

por

‘n Mens kan gerus met ‘n breë smile ‘n pluimpie aan die nuwe Afrikaanse Facebookkoppelvlak toedig.

Is ek toe nou vanmore drie keer “geknyp”, waarna ek twee daarvan beantwoord het met ‘n lekker “por”!
Ditsem, ek hou daarvan!

landscape32



Van vroeg, van kindsbeen af…
March 6, 2009, 9:11 am
Filed under: Gedagtes

vlees1

Besef ek nou vanmore iets wat my aan die dink sit…

Daardie prawn-pienk kleurkryte waarmee ons altyd so lekker geteken het toe ons klein was…wat het jy dit genoem? Ook “menskleur”?

Neem gou ‘n oomblik. Think about it.

landscape3



Alleenspraak
February 24, 2009, 9:00 pm
Filed under: Gedigte

ek ry verby elim se mense
en ‘n pad soek koers deur my hart
waarlangs ek soms stil kom wag het
- op die jy wat vandag in klippe en mure en koppe
grond en ‘n oukremetartboom
dansend lewendig word -

my hart verdwaal skielik in tye
waar jy nog kon lewe
en jou dagboek word vir ‘n oomblik my kompas
na ‘n tyd, ver ver van hier
maar dis te vaag
en die suggestie van lewe is skielik weer
‘n ster reg bo die soutpansberg

jy is weer weg
‘n laaste lig
in ‘n koue vuur

——–

(Ek verlang na jou)

landscape38



Vir Blixer…’n sterkte.
February 17, 2009, 8:49 am
Filed under: Gedagtes

n790294749_2072098_8323

‘n Bekende in ons blogkringe, Blixer, se man is onlangs tragies oorlede. Ek weet nie regtig wat om te sê nie, behalwe om, soos Johan Swarts, ‘n dag van eerbetoon aan Blixer en haar gesin te wy. Met hierdie stilte wil ek graag aan haar dink en elkeen wat haar woorde en gedagtes gelees het vra om dieselfde te doen.

Sterkte Blixer, mag die pyn eendag weer sonskyn wees.

landscape31



Elke hond…
February 3, 2009, 1:30 pm
Filed under: Grappe

Lanklaas het ek ’n grap of twee vertel hier op die bladsye van duskant. “Ook maar goed so”, sal baie van my vrinne dalk sê…Maar ek is nie onwillig nie en wat is die lewe dan nou sonder ‘n bietjie lag.

En dink ek toe mos die afgelope naweek aan hierdie twee oulike hond-grappies.

Waar vind ‘n mens ‘n hond sonder bene?

Daar waar jy hom gelos het!

fat

Wat maak ‘n mens met ‘n hond sonder bene op ‘n Sondagmiddag?

Jy neem hom vir ‘n sleep in die park.

He he…oulik, nè! Kan jy aan ander afbeenhondegrappies dink? Let’s hear it!

landscape3



Indo-Afrikaan, want ek is bang vir alles hier…
January 27, 2009, 9:33 am
Filed under: Geite

Ahhh, tog so inherent in onse Volksharte ingeprent die vrees vir die vreemde, die onbekende en die onverklaarbare. En snaaks, vermoed ek, hoe iets soos ‘n diepgewortelde rassisme en meerderwaardigheid telkemale ontstaan vanuit ‘n vrees vir iets vreemd.

Ek  drentel gister rond in ‘n groot boekwinkel in Pretoria, opsoek na ‘n vakspesifieke argeologieboek. Ek vind hom agter ‘n klomp Gr.12 handboeke en gaan betaal. Toe die ouerige dame die boek sien helder haar gesig op en vra sy in ‘n hoë en vermaaklike stemmetjie: “Oooooeee, as jy van argeologie hou, het jy seker al die boek  ‘Adam’s Calendar’ gelees…”. Ek kan sien dat sy my nou hier geweldig wil beïndruk…

Adam’s Calendar. Suggggg. Ek dink terug aan ‘n paar gesprekke wat ek daar by mykopop gehad het oor einste hierdie boek.

 97819201530761

Hier word verwys na ‘n koffietafelboek waarin Michael Tellinger en Johan Heine aanspraak maak daarop dat hulle die oudste mensgemaakte struktuur ontdek het. Daarby verskaf hulle fantastiese interpretasies en verduidelikings vir hierdie klipbouval, geleë in op die Platorand in Mpumalanga. Hulle verklaar oortuigend:

“This remarkable stone structure was originally a large circular structure resembling but predating Stonehenge by many thousands of years. Adam’s calendar is built along the same longitudinal line as Great Zimbabwe and the Great Pyramid. It is also aligned with the rise of Orion’s belt when it rose horizontally on the horizon some 75,000 years ago. Adam’s calendar takes us further back in time closer to the emergence of Homo sapiens, than any other structure ever found to date, and it will force historians and archaeologist to reconsider ancient human activity and consciousness.”

Hulle verklaar voorts dat hierdie “kalender” nie deur plaaslike groepe gebou is nie, maar deur Indo-Afrikane wat vanuit die Indiese vasteland na die ooskus van Afrika gereis het en verskeie monumente gebou het.

Ek staar die dame aan, en toe ek nie dadelik reageer nie draf sy skuifel-skuifel na die naaste rak en pluk ‘n eksemplaar nader. “Kyk, dis die oudste mensgemaakte strukture! Hier, in Suid-Afrika !”. Ek staar maar steeds terwyl sy omtrent die hele boek op maat van ‘n meta-narratief deurwerk. Toe sy klaar is, probeer ek haar rustig daarvan oortuig dat hierdie boek in snert-waarde ten hemele skrei. Ek noem aan haar die gebrek aan argeologiese bewyse, die uiters verdagte pseudo-denkrigtings waarop dit gebaseer is. Ek vertel vir haar dat die boek as uiters problematies binne Suid-Afrikaanse argeologie bestempel word. Sy vervies vir haar net daar en skud haar kop beslis…”Nee, julle wetenskaplikes het altyd een of ander ding te sê oor alles. Wat is fout met Indo-Afrikane? En hoekom mag ons nie ook ons eie Stone Henge hier in Afrika hê?”.

Net daar draai ek om en loop.

Ek was nie lus om haar te probeer oortuig dat ons verskeie “Stone Henges” het wat oor die Suid-Afrikaanse landskap versprei lê, maar dat sy heel moontlik te dom is om dit raak te sien nie. Ek is nie lus om haar persepsie dat wêreldkulture eerder as plaaslike groepe, vir die bou van meer omvattende bouvalle verantwoordelik was, te probeer verander nie. Ek is nie lus om haar daarop te wys dat Eurosentriese denkrigtings nie in Afrika toegepas kan word nie. En ek is ook nie lus om aan haar te illustreer presies hoè oningelig sy is vir iemand wat in ‘n groot boekwinkel werk nie.

scan00133

BaKoni beeskraal c.1800 (Mpumalanga)

Want inherent en diepgewortel bestaan die persepsie dat swart mense nutteloos is, mos altoos, en ek as individu kan dit nie op ‘n mooi Woensdag in Pretoria se middestad verander nie. Die uiters verwaande publikasie wat die outeurs so nonchalant “Adam’s Calendar” noem is vir my ‘n mooi en sprekende voorbeeld hiervan. Dit herinner aan argaïese interpretasies van Groot Zimbabwe waar die bou van hierdie Karanga-Stad toegeskryf is aan die werk van die Foenesiers, Egiptenare en selfs die Koning van Skeba. ‘n Toeskrywing wat min of meer verklaar dat swart mense en plaaslike bevolkings nie in staat is tot hoër kognitiewe en simboliese denke nie. Veel eerder word daar aanspraak gemaak op ongefundeerde alternatiewe interpretasies en in die proses word data vanuit gesaghebbende bronne soos argeologie gemaklik misgekyk.

En, terwyl die verkrampte oningeligtes die soetkoek koorsagtig verorber ten einde hulle eie onsekerhede en vrese te verbloem, lag die pseudo-wetenskaplikes al die pad bank toe. Jis, ek wens mense wil leer lees. En leer dink. Want die lewe is soveel interessanter sonder destruktiewe persepsies.

Maar ek dink partykeer persepsies en populêre menings is soos Bob Mugabe; net die Liewe Here kan dit verwyder…

landscape32



Karookiekies vir oulaas…en neelscapes
January 25, 2009, 8:50 pm
Filed under: Kiekies

Uiteindelik is ek terug op my verwaarloosde werf. Ek voel so skoon soos ‘n vreemdeling in die midde van al die ou gesigte en nuwe intrekkers. Nietemin, voorspoed vir die nuwejaar – dan maar ‘n laat wens!

Oudergewoonte maar ook vir oulaas, ‘n paar Karookiekies wat ek die pas-afgelope Desembervakansie daar duskant die ysterbome en waterdamme van Sutherland geneem het.

dpp_jpg0008

dpp_jpg0012

dpp_jpg0017

dpp_jpg0006

dpp_jpg0010

dpp_jpg0018

dpp_jpg0022

dpp_jpg0025

dpp_jpg0013

dpp_jpg0028

dpp_jpg0036

Soos ek hierbo gesê het, dit is oulaas se kiekies.
Ek het besluit om na dese ‘n spesifieke blogtuiste vir my kiekieprobeerslae in te rig en beplan om binnekort sommer ‘n domein daarvoor te registreer sodat ek lekker piesangs kan gaan met die voorkoms en uitleg. Nouja, om meer kiekies te sien, volg gerus die skakel na die tydelike “neelscapes”:

neelscapes

landscape381



Soms, net soms…
October 10, 2008, 1:00 pm
Filed under: Gedagtes

Oh brother I can’t, I can’t get through
I’ve been trying hard to reach you
Cos I don’t know what to do
Oh brother I can’t believe it’s true
I’m so scared about the future and
I want to talk to you
Oh I want to talk to you

You can take a picture of something you see
In the future where will I be?
You can climb a ladder up to the sun
Or write a song nobody has sung, or do
Something that’s never been done

Are you lost or incomplete?
Do you feel like a puzzle?
You can’t find your missing piece
Tell me how do you feel?
Well I feel like they’re talking in a language I don’t speak
And they’re talking it to me

So you take a picture of something you see
In the future where will I be?
You can climb a ladder up to the sun
Or write a song nobody has sung, or do
Something that’s never been done, or do
Something that’s never been done

So you don’t know where you’re going
But you want to talk
And you feel like you’re going where you’ve been before
You’ll tell anyone who will listen but you feel ignored
Nothing’s really making any sense at all

Let’s talk

Coldplay (X&Y)



Stephanus Johannes Paulus Kruger
October 10, 2008, 5:40 pm
Filed under: Goeters

Stephanus Johannes Paulus Kruger
10 Oktober, 1825 – 14 Julie, 1904

Geluk oom, nou kan dit donder…



Seep in die Opera: “Ons vir Jou” en die ego’s van andere.
October 17, 2008, 1:02 pm
Filed under: Goeters

‘n Paar maande gelede gesels Coenie de Villiers op die KykNet gespreksprogram Kwela met Deon Opperman,  bekroonde skrywer en vervaardiger, oor sy pas voltooide MBA. Een Opperman sin bly my by (en ek parafraseer): “Ek is ‘n harde werker, jy weet en het uitstekend in my MBA gevaar, ek is nie van daardie mense wat in koffiewinkels rondhang nie, ek het te veel ambisie en dryf omdat ek doelgerig is, ek kan lui mense nie verdra nie”. Wat my aan hierdie opmerking laat dink het, was ‘n ewe gewigtige verwysing na Mnr. Opperman en Sean Else se blyspel, “Ons vir Jou” waar eergenoemde op Carte Blanche oor die verhoogstuk verklaar het: “You know, it’s on the scale of Les Misérables – it’s big.”

Maskas né!

Nouja, Opperman se flagrante en duidelik genoegsame selfvertroue (lees: windgatgeit) daaraan toe, was ek -bietjie krities - ’n indrukwekkende skouspel tewagte toe ek die afgelope naweek na die statige Staatsteater se Opera gaan om die laaste vertoning van bogenoemde musiekblyspel te gaan kyk. Dit, en die imposante agtergrondteks wat op die Packed House Productions-webwerf verskyn:

“Hier kom ‘n ding!  Eers was dit ‘n liedjie…nou is dit ‘n hele storie…’n groot storie met ‘n begroting van R4 miljoen…ONS VIR JOU – die eerste Boereoorlog musiekblyspel in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse teater geskryf deur Herzogprys-wenner Deon Opperman en Sean Else met musiek deur Johan Vorster…[ ]…en dis alles daar – die heldedade, die liefdesverhale, die slagvelde en natuurlik die aserowende musiek: solo’s, ballades, koorsang, de lot…[ ]…Met Rouel Beukes as Generaal Koos de la Rey, Michelle Botha as sy vrou, Nonnie de la Rey, Adrian Poulsen as De La Rey se seun, Adaan, Paul Lückhoff as Paul Kruger, Neels Coetzee as Siener van Rensburg, David Clatworthy as Lord Alfred Milner en Peter Taylor as Lord Methuen, om maar ‘n paar te noem…[ ]…Hulle het geskiedenis gemaak…nou maak ons dit weer.”

En ou oom Dan Roodt voeg ook sy stuiwer by wanneer hy groots verklaar: 
“…oortref dit lag-lag enige Broadway of West End-produksie.”

Maskas, sê ek weer. En dis nou net hier waar die opskrif van hierdie inskrywing ter sprake kom…Nie net bevat Ons vir Jou duidelik verskeie lae van betekenis nie, maar na my mening is die produksie met sy sewe-getal begroting ook iets van ‘n egomassering – maar later meer daaroor. Dit vertel die verhaal van liefde, heldemoed, opoffering en geloof, alles binne die konteks van die Anglo-Boereoorlog wat die Boererepublieke in die jare 1899 – 1902 geteister het. In sy diepste is Ons vir Jou ‘n sepie wat binne die konteks van hierdie bekende en emosie-belaaide geskiedenis afspeel. En dis nie ‘n slegte ding nie, inteendeel, ek hou daarvan dat ons “boerehelde” so bietjie vermenslik word deur te wys dat hulle ook maar deur die gewone aksies van dag-tot-dag bestaan gegaan het. Daarby sorg die stuk vir asemrowende verhoogtonele, uitstekende musiek en roerende momente – alles verpak in ‘n uiters professionele en verbruikersvriendelike blyspel.

Maar op verskeie vlakke is dit ‘n produksie van teenstellings en ongebalanseerde rolmaal. Juis in terme van rolverdeling oorskadu Rouel Beukes se ongelooflike vertolking van Koos de la Rey die ander akteurs en laat hy hulle na die tipiese 7de Laan Oppiekoffie-kelner-akteurs lyk. Daarby laat sy sang bv. dié van De la Rey se seun Adam (Adrian Poulsen) en trawante, soos boyband sangers klink en word ‘n mens weereens bewus van die belangrikheid van kontinïuteit in stemverdelings. Dit is dan onafwendbaar dat die verhoogstuk duidelik veels te swaar op Beukes leun om die karakterdinamiek aan die gang te hou en meer as een maal het ek die gevoel gekry dat ek na ‘n eenman-stuk kyk.

Foto: Packed House Productions

Die musiek en orkestrasie is uitstekend en duursaam. Daar is wel ’n paar ”filler” items wat dit duidelik nie buite die veilige skanse van “De la Rey” en ”Ons vir Jou” se populariteit sal maak nie. Hierdie items, wat ek sommer “kontinïuteitsitems” noem, sowel as die nuwe Steve Hofmeyer en Bok van Blerk treffer “Pa en Seun”, wat deur Genl. De la Rey (Beukes) gesing word, sneuwel grootliks aan die hand van geforseerde, nikseggende, paargerymde lirieke. En dit is jammer, want hierdie items staan in skrille kontras met hoendervel-oomblikke waar die majestueuse orkesmusiek rondom jou en binne jou bulder.

In onlangse resensies was verskeie geskiedenispuriste omgekrap oor ”verdraaide feite” in die storielyn en veral die stukkie fiksie wat rondom die dood van Adam, Genl. De la Rey se seun, bygewerk is het die wenkbroue gelig. Ek vermoed dat hierdie kritiek ongegrond is omdat daar geensins gesuggereer word dat Ons vir Jou ‘n dokumentêr is nie. Inteendeel, die storielyn bevat, soos reeds gesê, al die bestandele van ‘n deursnee sepie met voorspelbare wendings en ‘n paar nat-sneusdoekie oomblikke. Tog is daar ‘n paar slim karaktertoepassings in die storielyn, soos Siener van Rensburg (gespeel deur Neels Coetzee) wat aan die begin ‘n treffende verband tussen verlede en hede trek deur die gehoor direk aan te spreek met die woorde:

“Ek sien julle . . . hier waar julle sit, honderd jaar van waar ek nou sit . . . en julle het klaar gesien wat ek gesien het . . . wat ek self nie wou glo toe ek dit gesien het nie . . . ’n volk gedruk tot die randjie van ’n afgrond . . . ”

Nouja, terug dan na die titel van hierdie inskrywing…Ek het Ons vir Jou geniet, alhoewel ek geensins kan oordryf deur dit te vergelyk met ‘n produksie soos Les Misérables nie. Inteendeel, so ‘n analogie is verwaand en kom myns insiens, neer op ‘n ego-defensief waar Opperman en kie die waarde van hierdie produksie dalk klein bietjie oorskat het en propaganda vir die stuk daarvolgens aangepak is. Wat ek eintlik sê is dat daar ‘n laaste teenstelling lê in die vervaardiger se grootheidsoortuiging van sy produksie, en dit wat op die verhoog materialiseer.

Ons vir Jou is aan te bevele. Dit is heerlike vermaak wat trots Suid-Afrikaans en trots Afrikaans uitrys bo oppervlakkige politieke ondertone en geïmpliseerde boodskappe, om ’n mooi storie te vertel. Dit gee op waardige, maar soms onderbenutte wyse gestalte aan ‘n seer stukkie geskiedenis wat vir elkeen van ons iets beteken. Doen gerus moeite met hierdie een…



Ongelooflik en Aangrypend
October 20, 2008, 7:19 am
Filed under: Goeters

Ek lees die volgende verhaal vanoggend op die News24 webwerf. Dit is een van die mees aangrypende stories wat ek al gehoor het – doen gerus moeite en lees dit.

An unbelievable love story

In the beginning, there was a boy, a girl and an apple.

He was a teenager in a death camp in Nazi-controlled Germany. She was a bit younger, living free in the village, her family posing as Christians. Their eyes met through a barbed-wire fence and she wondered what she could do for this handsome young man.  She was carrying apples, and decided to throw one over the fence. He caught it and ran away toward the barracks. And so it began.  As they tell it, they returned the following day and she tossed an apple again. And each day after that, for months, the routine continued. She threw, he caught, and both scurried away.

They never knew one another’s name, never uttered a single word, so fearful they’d be spotted by a guard. Until one day he came to the fence and told her he wouldn’t be back. “I won’t see you anymore,” she said. “Right, right. Don’t come around anymore,” he answered. And so their brief and innocent tryst came to an end. Or so they thought. Before he was shipped off to a death camp, before the girl with the apples appeared, Herman Rosenblat’s life had already changed forever.

I want to be with you

His family had been forced from their home into a ghetto. His father fell ill with typhus. They smuggled a doctor in, but there was little he could do to help. The man knew what was coming. He summoned his youngest son. “If you ever get out of this war,” Rosenblat remembers him saying, “don’t carry a grudge in your heart and tolerate everybody”. Two days later, the father was dead. Herman was just 12.

The family was moved again, this time to a ghetto where he shared a single room with his mother, three brothers, uncle, aunt and four cousins. He and his brothers got working papers and he got a factory job painting stretchers for the Germans. Eventually, the ghetto was dissolved. As the Poles were ushered out, two lines formed. In one, those with working papers, including Rosenblat and his brothers. In the other, everyone else, including the boys’ mother. Rosenblat went over to his mother. “I want to be with you,” he cried. She spoke harshly to him and one of his brothers pulled him away. His heart was broken. “I was destroyed,” Rosenblat remembers. It was the last time he would ever see her. It was in Schlieben, Germany, that Rosenblat and the girl he later called his angel would meet. Roma Radziki worked on a nearby farm and the boy caught her eye. And bringing him food – apples, mostly, but bread, too -became part of her routine. “Every day,” she says, “every day I went.”

Their daily ritual faded from their minds

Rosenblat says he would secretly eat the apples and never mentioned a word of it to anyone else for fear word would spread and he’d be punished or even killed. When Rosenblat learned he would be moved again – this time to Theresienstadt, in what is now the Czech Republic – he told the girl he would not return. Not long after, the Russians rolled in on a tank and liberated Rosenblat’s camp. The war was over. She went to nursing school in Israel. He went to London and learned to be an electrician. Their daily ritual faded from their minds.

“I forgot,” she says.

“I forgot about her, too,” he recalls.

Rosenblat eventually moved to New York. He was running a television repair shop when a friend phoned him one Sunday afternoon and said he wanted to fix him up with a girl. Rosenblat was unenthusiastic: He didn’t like blind dates, he told his friend. He didn’t know what she would look like. But finally, he relented.  It went well enough. She was Polish and easygoing. Conversation flowed, and eventually talk turned to their wartime experiences. Rosenblat recited the litany of camps he had been in, and Radziki’s ears perked up. She had been in Schlieben, too, hiding from the Nazis. She spoke of a boy she would visit, of the apples she would bring, how he was sent away.

That was me

And then, the words that would change their lives forever: “That was me,” he said.

Rosenblat knew he could never leave this woman again. He proposed marriage that very night. She thought he was crazy. Two months later she said yes. In 1958, they were married at a synagogue in the Bronx – a world away from their sorrows, more than a decade after they had thought they were separated forever. It all seems too remarkable to be believed. Rosenblat insists it is all true. Even after their engagement, the couple kept the story mostly to themselves, telling only those closest to them. Herman says it’s because they met at a point in his life he’d rather forget. But eventually, he said, he felt the need to share it with others.

Now, the Rosenblats’ story has inspired a children’s book, Angel Girl. And eventually, there are plans to turn it into a film, The Flower of the Fence. Herman expects to publish his memoirs next year. Michael Berenbaum, a distinguished Holocaust scholar who has authored a dozen books, has read Rosenblatt’s memoir and sees no reason to question it. ”I wasn’t born then so I can’t say I was an eyewitness. But it’s credible,” Berenbaum said. “Crazier things have happened.” Herman is now 79, and Roma is three years his junior; they celebrated their 50th anniversary this summer. He often tells their story to Jewish and other groups. He believes the lesson is the very one his father imparted. “Not to hate and to love – that’s what I am lecturing about,” he said. “Not to hold a grudge and to tolerate everybody, to love people, to be tolerant of people, no matter who they are or what they are.”

The anger of the death camps, Herman says, has gone away. He forgave. And his life has been filled with love.

Herman & Roma Rosenblat  

UPDATE: Lees die interessante kommentaar op hierdie inskrywing deur Dan Bloom – asook by die volgende skakel



Aan die maagde…
October 21, 2008, 8:45 am
Filed under: Gedagtes

Een van my grootste passies is reis. Ek love dit (Suid-Amerika 2009…yeah!).

Hierdie video maak my hartseer, nostalgies, opgewonde en ongeduldig…want daar is so baie om te sien.

 

Hoe beskryf mens daardie brand in jou wat van jou ‘n perpetuele swerwer en reisiger maak? Waar kom die passie vandaan wat jou hierdie intense geluk gee wanneer jy vuil, moeg maar tevrede na ‘n vreemde sonsopkoms kyk?

En hoe leef jy dit as jou daaglikse roetine jou doodmaak…? Ek dink onwillekeurig aan Robert Herrick se gedig, To the virgins to make much of time , wat ons in matriek deurgeworstel het:

GATHER ye rosebuds while ye may,
    Old time is still a-flying :
And this same flower that smiles to-day
    To-morrow will be dying.

The glorious lamp of heaven, the sun,
    The higher he’s a-getting,
The sooner will his race be run,
    And nearer he’s to setting.

That age is best which is the first,
    When youth and blood are warmer ;
But being spent, the worse, and worst
    Times still succeed the former.

Then be not coy, but use your time,
    And while ye may go marry :
For having lost but once your prime
    You may for ever tarry.

Hoe verskriklik moet dit wees om die einde van ‘n leeftyd te bereik en onvervuld terug te hunker na verspeelde kanse en onvervulde drome.

Die tyd is nou, moenie wag nie. En moenie huiwer nie. Just do it….



Hel hulle manne!
October 24, 2008, 1:56 pm
Filed under: Goeters

Aan my geliefde Blou Bulle, gaan doen die ding en doen hom goed!

NS – Brian, druk hom weer soos in die foto hierbo hoor!

NOUUUUU DIE BLOUUUUUUU!!!!!



‘n Karoowens…
January 2, 2009, 9:05 am
Filed under: Kiekies

Hierby ‘n foto wat ek donkerdag vandag geneem het  hier duskant die plaashuis
(hoop dit dien as verweer vir my blogstilte).

img_3042_01

Ek hoor stilte. Ek drink sterre. Ek leef Karoo.
Ek is duskant sutherland.
Salig.

Voorspoed vir die komende jaar – mag dit juig!

Karoogroete tot sommer binnekort!

landscape38



Laterale Denke…
November 23, 2008, 8:26 pm
Filed under: Goeters

Ek eet, slaap en drink die afgelope tyd eksamenantwoordstelle. En net toe ek dog ek het bietjie wysheid en pag stuur die volgende juweeltjie my geheel en al terug na die tekenbord:

Vraag:
Explain how a study of vegetation may contribute to the finding of archaeological sites. (4)

Model-antwoord alvorens my memorandum:
Vegetation can be an effective indicator of the presence of an archaeological site. Grass may grow more lushly in areas where the subsoil has been disturbed or the nitrogen content of the soil is greater. In South Africa for instance sites with large cattle dung accumulations in livestock enclosures are today characterised by dense stands of a specific grass species, Cenchrus ciliaris (blue buffalo grass). In some cases, specific types of trees or bush are associated with archaeological sites. One such example is of the breadnut or ramon tree, which was cultivated by the Maya. These trees are still common near ancient sites and have been used as indicators of archaeological sites. In addition, soil which has been artificially disturbed will retain more moisture in a dry climate than will virgin soil; consequently plants which require more moisture to survive will grow there.

Die Juweeltjie: Alternatiewe Antwoord
Many archaeological sites are found like for an example when you garden your garden or plant (vegetation). People have found artefacts while trying to plough their lands or do gardening with a spade. There 4 (dankie Mxit…) the gardening and plantting of vegetation helps to find sites. Gardening is good.

indie_roos

Ja nee kyk, ek het nog altyd vermoed Indie had groen vingers…

landscape381



Vir Netjane: ‘n Brommer!
November 12, 2008, 8:13 am
Filed under: Kiekies

Ek speel nog alte lekker met my nuwe speelding! Ongelooflik watter nuwe (makro)wêreld hierdie stukkie tegnologie ontsluit…en daarby vra Netjane toe vir nog ‘n ou kiekie of twee.
Ek is natuurlik glad nie onwillig nie…inteendeel! ;-)

Brommer. Mooi nè!

img_1746

landscape33